Pous Callixtus III
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pous Callixtus III | |
---|---|
Geboortenaam | Alfonso de Borja |
Pontifikaat begin | 8 April 1455 |
Pontifikaat eindig | 6 Augustus 1458 |
Voorganger | Nicholas V |
Opvolger | Pius II |
Gebore | 31 Desember 1378 Xàtiva, València, Spanje |
Sterf | 6 Augustus 1458 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Callixtus |
Callixtus III (31 Desember 1378 – 6 Augustus 1458), né Alfonso de Borja, is naby Xàtiva, València, vandag in Spanje maar toe in die Koninkryk van Valencia onder die Kroon van Aragon, gebore en was Pous van 8 April 1455 tot met sy dood op 6 Augustus 1458. Hy was die 210de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Sy loopbaan het begin as professor in die regte by die Universiteit van Lleida gevolg deur diplomaat in die diens van die Konings van Aragon, veral tydens die Konsilie van Basel (1431–1439). Hy het 'n kardinaal geword nadat hy Pous Eugene IV (1431–1447) met Koning Alfonso V van Aragon (1416–1458) versoen het.
Hy is in 1455 op gevorderde ouderdom as Callixtus III as pous verkies in wat gesien word as 'n kompromis besluit. Historici beskou hom as swak en onbekwaam. [1] Die hoof oogmerk van sy beleid was om 'n kruistog teen die Turke van stapel te stuur nadat hulle Konstantinopel in 1453 ingeneem het. Hy kon egter nie daarin slaag om Christen prinse te kry om op sy oproep te reageer nie ondanks al sy pogings. Pous Callixtus III het twee van sy kleinneefs tot kardinaal bevorder; een van hulle, Roderic de Borgia, het later Pous Alexander VI (1492–1503) geword.
Op 29 Junie 1456 het hy beveel dat die klokke in alle kerke teen middag gelui moes word om Christene tot gebed te roep. Aangesien nuus stadig versprei het, het die bevel met die Beleg van Belgrado (wat op 22 Julie) plaasgevind het), 'n oorwinning teen die Turke, verbind geraak. Om die oorwinning te vier het Callixtus III beveel dat die fees van die Transfigurasie op 6 Augustus gevier word.
Hy het 'n herverhoor vir die ontslape Johanna van Arkel (c. 1412–1431) beveel waar sy postuum onskuldig bevind is na haar omstrede verhoor en teregstelling 24 jaar te vore.
Callixtus III se wapenskild voor hy pous geword het, het 'n weiende os vertoon.
In 'n biografie wat na sy dood opgestel is in 1475 en wat later uitgebrei en gewild gemaak is deur Pierre-Simon Laplace het Callixtus III 'n kerklike ban op die 1456 verskyning van Halley se Komeet geplaas omdat hy geglo het dat dit 'n slegte voorbode was vir die Christen beskermers van Belgrado wat op daardie stadium deur die leër van die Ottomaanse Ryk beleër is. Daar is egter geen primêre bronne wat die verslag ondersteun nie en Callixtus III se pouslike bul van 29 Junie 1456, wat vra vir openbare gebed vir die sukses van die kruistog, noem die komeet glad nie. Verder was die komeet nog nie sigbaar in Turkye of Europa teen 6 Augustus toe die Turkse beleg ontset is nie.
[wysig] Verwysings
Pouse van die Rooms-Katolieke Kerk | |
---|---|
Petrus - Linus - Anacletus I - Clemens I - Evaristus - Alexander I - Sixtus I - Telesforus - Higinus - Pius I - Anicetus - Soter - Eleuterus - Victor I - Zefirinus - Callixtus I - Urbanus I - Pontianus - Anterus - Fabianus - Cornelius - Lucius I - Stefanus I - Sixtus II - Dionisius - Felix I - Eutichianus - Gajus - Marcellinus - Marcellus I - Eusebius - Miltiades - Silvester I - Markus - Julius I - Liberius - Damasus I - Siricius - Anastasius I - Innocentius I - Zosimus - Bonifatius I - Celestinus I - Sixtus III - Leo I - Hilarius - Simplicius - Felix III - Gelasius I - Anastasius II - Simmachus - Hormisdas - Johannes I - Felix IV - Bonifatius II - Johannes II - Agapetus I - Silverius - Vigilius - Pelagius I - Johannes III - Benedictus I - Pelagius II - Gregorius I - Sabinianus - Bonifatius III - Bonifatius IV - Deusdedit - Bonifatius V - Honorius I - Severinus - Johannes IV - Theodorus I - Martinus I - Eugenius I - Vitalianus - Adeodatus - Donus - Agato - Leo II - Benedictus II - Johannes V - Konon - Sergius I - Johannes VI - Johannes VII - Sisinnius - Konstantyn - Gregorius II - Gregorius III - Sagarias - Stefanus II (III) - Paulus I - Stefanus III (IV) - Adrianus I - Leo III - Stefanus IV (V) - Paschalis I - Eugenius II - Valentinus - Gregorius IV - Sergius II - Leo IV - Benedictus III - Nicolaas I - Adrianus II - Johannes VIII - Marinus I - Adrianus III - Stefanus V (VI) - Formosus - Bonifatius VI - Stefanus VI (VII) - Romanus - Theodorus II - Johannes IX - Benedictus IV - Leo V - Sergius III - Anastasius III - Lando - Johannes X - Leo VI - Stefanus VII (VIII) - Johannes XI - Leo VII - Stefanus VIII (IX) - Marinus II - Agapetus II - Johannes XII - Leo VIII - Benedictus V - Johannes XIII - Benedictus VI - Benedictus VII - Johannes XIV - Johannes XV - Gregorius V - Silvester II - Johannes XVII - Johannes XVIII - Sergius IV - Benedictus VIII - Johannes XIX - Benedictus IX - Silvester III - Benedictus IX - Gregorius VI - Clemens II - Benedictus IX - Damasus II - Leo IX - Victor II - Stefanus IX - Nicolaas II - Alexander II - Gregorius VII - Victor III - Urbanus II - Paschalis II - Gelasius II - Callixtus II - Honorius II - Innocentius II - Celestinus II - Lucius II - Eugenius III - Anastasius IV - Adrianus IV - Alexander III - Lucius III - Urbanus III - Gregorius VIII - Clemens III - Celestinus III - Innocentius III - Honorius III - Gregorius IX - Celestinus IV - Innocentius IV - Alexander IV - Urbanus IV - Clemens IV - Gregorius X - Innocentius V - Adrianus V - Johannes XXI - Nicolaas III - Martinus IV - Honorius IV - Nicolaas IV - Celestinus V - Bonifatius VIII - Benedictus XI - Clemens V - Johannes XXII - Benedictus XII - Clemens VI - Innocentius VI - Urbanus V - Gregorius XI - Urbanus VI - Bonifatius IX - Innocentius VII - Gregorius XII - Martinus V - Eugenius IV - Nicolaas V - Callixtus III - Pius II - Paulus II - Sixtus IV - Innocentius VIII - Alexander VI - Pius III - Julius II - Leo X - Adrianus VI - Clemens VII - Paulus III - Julius III - Marcellus II - Paulus IV - Pius IV - Pius V - Gregorius XIII - Sixtus V - Urbanus VII - Gregorius XIV - Innocentius IX - Clemens VIII - Leo XI - Paulus V - Gregorius XV - Urbanus VIII - Innocentius X - Alexander VII - Clemens IX - Clemens X - Innocentius XI - Alexander VIII - Innocentius XII - Clemens XI - Innocentius XIII - Benedictus XIII - Clemens XII - Benedictus XIV - Clemens XIII - Clemens XIV - Pius VI - Pius VII - Leo XII - Pius VIII - Gregorius XVI - Pius IX - Leo XIII - Pius X - Benedictus XV - Pius XI - Pius XII - Johannes XXIII - Paulus VI - Johannes Paulus I - Johannes Paulus II - Benedictus XVI |