Pous Gregorius II
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pous Gregorius II | |
---|---|
Pontifikaat begin | 19 Mei 715 |
Pontifikaat eindig | 11 Februarie 731 |
Voorganger | Konstantyn |
Opvolger | Gregorius III |
Gebore | 669 Rome, Italië |
Sterf | 11 Februarie 731 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Gregorius |
Gregorius II (ook Gregorius Junior genoem) was die 89ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Inhoud |
[wysig] Biografie
Pous Gregorius II die seun van Marcellus is gebore in 669 in Rome, Italië. Onder die pontifikaat van Pous Sergius I was hy pouslike bibliotekaris. Hy het sy voorganger vergesel na die konsilie van Konstantinopel. Op 19 Mei 715 volg hy Pous Konstantyn op en regeer tot sy dood op 11 Februarie 731. Hy was die eerste Romeinse pous na sewe opeenvolgende pouse van Griekse of Siriese afkoms. Hy word opgevolg deur Pous Gregorius III. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.
[wysig] Pontifikaat
Tydens die pontifikaat van Gregorius II het die ikonoklasme in Bisantium gewoed. Keiser Leo III het alle beelde en afbeeldings van heiliges laat vernietig in 727. Gregorius het die nut daarvan nie ingesien nie en wou bowendien nie die magtige kloosters wat die beelde en afbeeldings besit het, nie kwaad maak nie en hy het dus nie gehoor gegee aan die keiser se oproep nie. Dit was die begin van die beweging van die pousdom om onafhanklik van die keiser te word. Hy het die keiser Leo III ge-ekskommunikeer.
Gregorius het die Lombarde afgekoop met dertig pond goud en homself toegespits op sendingaktiwiteite in die Noorde, veral in Friesland, Duitsland, Engeland en Ierland (toe nog Hibernië). Hy het Bonifatius na Friesland gestuur op 15 Mei 719 en hom as biskop aangestel op 30 November 722. Die ab Ceolfrid en koning Ina van Engeland en hertog Theodo I van Beiere het die pous besoek
Gregorius is in die vyftiende eeu beskou as 'n voorsaat van die Savelli familie in Italië. Dieselfde is beweer van Pous Benedictus II. Die bewerings is egter nie betroubaar nie en daar is niks bekend oor die verwantskap tussen die twee pouse nie.
[wysig] Verering
Pous Gregorius II word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 11, 12 of 28 Februarie.
[wysig] Bibliografie
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
- Mann, 1902. Lives of the Popes in the Early Middel Ages. London.
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.
[wysig] Eksterne Skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
[wysig] Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.
[wysig] Opvolging
Vooraf gegaan deur: Konstantyn |
Pous (Pontifex Maximus) 715 – 731 |
Opgevolg deur: Gregorius III |
Pouse van die Rooms-Katolieke Kerk | |
---|---|
Petrus - Linus - Anacletus I - Clemens I - Evaristus - Alexander I - Sixtus I - Telesforus - Higinus - Pius I - Anicetus - Soter - Eleuterus - Victor I - Zefirinus - Callixtus I - Urbanus I - Pontianus - Anterus - Fabianus - Cornelius - Lucius I - Stefanus I - Sixtus II - Dionisius - Felix I - Eutichianus - Gajus - Marcellinus - Marcellus I - Eusebius - Miltiades - Silvester I - Markus - Julius I - Liberius - Damasus I - Siricius - Anastasius I - Innocentius I - Zosimus - Bonifatius I - Celestinus I - Sixtus III - Leo I - Hilarius - Simplicius - Felix III - Gelasius I - Anastasius II - Simmachus - Hormisdas - Johannes I - Felix IV - Bonifatius II - Johannes II - Agapetus I - Silverius - Vigilius - Pelagius I - Johannes III - Benedictus I - Pelagius II - Gregorius I - Sabinianus - Bonifatius III - Bonifatius IV - Deusdedit - Bonifatius V - Honorius I - Severinus - Johannes IV - Theodorus I - Martinus I - Eugenius I - Vitalianus - Adeodatus - Donus - Agato - Leo II - Benedictus II - Johannes V - Konon - Sergius I - Johannes VI - Johannes VII - Sisinnius - Konstantyn - Gregorius II - Gregorius III - Sagarias - Stefanus II (III) - Paulus I - Stefanus III (IV) - Adrianus I - Leo III - Stefanus IV (V) - Paschalis I - Eugenius II - Valentinus - Gregorius IV - Sergius II - Leo IV - Benedictus III - Nicolaas I - Adrianus II - Johannes VIII - Marinus I - Adrianus III - Stefanus V (VI) - Formosus - Bonifatius VI - Stefanus VI (VII) - Romanus - Theodorus II - Johannes IX - Benedictus IV - Leo V - Sergius III - Anastasius III - Lando - Johannes X - Leo VI - Stefanus VII (VIII) - Johannes XI - Leo VII - Stefanus VIII (IX) - Marinus II - Agapetus II - Johannes XII - Leo VIII - Benedictus V - Johannes XIII - Benedictus VI - Benedictus VII - Johannes XIV - Johannes XV - Gregorius V - Silvester II - Johannes XVII - Johannes XVIII - Sergius IV - Benedictus VIII - Johannes XIX - Benedictus IX - Silvester III - Benedictus IX - Gregorius VI - Clemens II - Benedictus IX - Damasus II - Leo IX - Victor II - Stefanus IX - Nicolaas II - Alexander II - Gregorius VII - Victor III - Urbanus II - Paschalis II - Gelasius II - Callixtus II - Honorius II - Innocentius II - Celestinus II - Lucius II - Eugenius III - Anastasius IV - Adrianus IV - Alexander III - Lucius III - Urbanus III - Gregorius VIII - Clemens III - Celestinus III - Innocentius III - Honorius III - Gregorius IX - Celestinus IV - Innocentius IV - Alexander IV - Urbanus IV - Clemens IV - Gregorius X - Innocentius V - Adrianus V - Johannes XXI - Nicolaas III - Martinus IV - Honorius IV - Nicolaas IV - Celestinus V - Bonifatius VIII - Benedictus XI - Clemens V - Johannes XXII - Benedictus XII - Clemens VI - Innocentius VI - Urbanus V - Gregorius XI - Urbanus VI - Bonifatius IX - Innocentius VII - Gregorius XII - Martinus V - Eugenius IV - Nicolaas V - Callixtus III - Pius II - Paulus II - Sixtus IV - Innocentius VIII - Alexander VI - Pius III - Julius II - Leo X - Adrianus VI - Clemens VII - Paulus III - Julius III - Marcellus II - Paulus IV - Pius IV - Pius V - Gregorius XIII - Sixtus V - Urbanus VII - Gregorius XIV - Innocentius IX - Clemens VIII - Leo XI - Paulus V - Gregorius XV - Urbanus VIII - Innocentius X - Alexander VII - Clemens IX - Clemens X - Innocentius XI - Alexander VIII - Innocentius XII - Clemens XI - Innocentius XIII - Benedictus XIII - Clemens XII - Benedictus XIV - Clemens XIII - Clemens XIV - Pius VI - Pius VII - Leo XII - Pius VIII - Gregorius XVI - Pius IX - Leo XIII - Pius X - Benedictus XV - Pius XI - Pius XII - Johannes XXIII - Paulus VI - Johannes Paulus I - Johannes Paulus II - Benedictus XVI |
Teenpouse | |
---|---|
Hippolitus – Novatianus – Felix II – Ursinus – Eulalius – Laurentius – Dioscurus – Eugenius I - Theodorus II – Paschalis I – Theofilactus - Konstantyn II – Philippus – Johannes – Anastasius – Christoforus – Bonifatius VII – Donus II - Johannes XVI – Gregorius – Silvester III – Benedictus X – Honorius II – Clemens III – Theodoricus – Albertus – Silvester IV – Gregorius VIII – Celestinus II – Anacletus II – Victor IV – Paschalis III – Callixtus III – Innocentius III – Nicolaas V – Clemens VII – Benedictus XIII – Alexander V – Johannes XXIII – Clemens VIII – Benedictus XIV – Felix V |