Pous Johannes VIII
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Pous Johannes VIII | |
---|---|
Pontifikaat begin | 13 Desember 872 |
Pontifikaat eindig | 16 Desember 882 |
Voorganger | Adrianus II |
Opvolger | Marinus I |
Gebore | ±820 Rome, Italië |
Sterf | 16 Desember 882 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Johannes |
Johannes VIII was die 107de pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Inhoud |
[wysig] Biografie
Pous Johannes VIII is gebore in Rome, Italië ongeveer in die jaar 820 die seun van Gundus. In 852 word hy as aartsdeken aangestel. Op 13 Desember 872 volg hy Pous Adrianus II op en regeer tot sy dood op 16 Desember 882. Die pous is dood (volgens die Annale van Fulda) nadat sy familie hom eers vergiftig het en toe hy nie gou genoeg wou sterf nie, met 'n hamer oor die kop geslaan het. Hy word opgevolg deur Pous Marinus I. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.
[wysig] Pontifikaat
Pous Johannes VIII se verkiesing is teengestaan deur (die latere) Pous Formosus en die het hom teengestaan deur sy hele pontifikaat. Daar is teenstrydige beskrywings van sy pontifikaat. Party historici beskou hom as die beste pous in die 9de eeu, terwyl ander aanvoer dat hy wreed, wêrelds en inkonsekwent was. [1] Die pous het 'n hervorming van die curie deurgevoer. Sonder veel hulp van die Europese konings het hy probeer om die Sarasene uit Italië te verdryf. In 876 het self met 'n vloot die Saraseense seerowers verslaan. Dit het egter nie gehelp nie en hy moes skatting (tribuut) aan die Sarasene betaal. In die voorjaar van 878 moes die pous weens die bedreiging van die Sarasene Italië verlaat en het naar Arles gevlug.
Die pous het die gebruik van die Slawiese taal in die heilige ritus deur Sint Methodius in 880 herbevestig. In 879 beëindig hy die skeuring met die kerk in Konstantinopel deur Patriarg Photius te erken. Johannes VIII was ook ten gunste van die geloofsbelydenis van Nicea sonder die filioque.
Op 7 September 878 kroon hy Lodewyk II as koning van die Franke. Op 25 Desember 875 kroon hy Karel die Kale tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk en op 9 Februarie 881 sy opvolger Karel die Dikke.
[wysig] Legende van Pousin Johanna
Volgens legende het 'n vrou met die naam Johanna onder naam Pous Johannes aan die begin van die 9de eeu regeer. Sy is uitgevang en uit die annale van die kerk verwyder. Die meeste historici verwerp die storie en glo dat dit in die 13de eeu geskryf is deur Martin van Opava.
Daar is geen verdere verbintenis tussen Pous Johannes VIII en die legende nie.
[wysig] Bibliografie
- Davis, R. (1995). The Lives of the Ninth-Century Popes from A.D. 817 – 891 (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
[wysig] Verwysings
- ^ Mann, H.K. Pope John VIII, In: Catholic Encyclopedia (1913).
[wysig] Eksterne Skakels
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
[wysig] Nota
Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
[wysig] Opvolging
Vooraf gegaan deur: Adrianus II |
Pous (Pontifex Maximus) 872 – 882 |
Opgevolg deur: Marinus I |
Pouse van die Rooms-Katolieke Kerk | |
---|---|
Petrus - Linus - Anacletus I - Clemens I - Evaristus - Alexander I - Sixtus I - Telesforus - Higinus - Pius I - Anicetus - Soter - Eleuterus - Victor I - Zefirinus - Callixtus I - Urbanus I - Pontianus - Anterus - Fabianus - Cornelius - Lucius I - Stefanus I - Sixtus II - Dionisius - Felix I - Eutichianus - Gajus - Marcellinus - Marcellus I - Eusebius - Miltiades - Silvester I - Markus - Julius I - Liberius - Damasus I - Siricius - Anastasius I - Innocentius I - Zosimus - Bonifatius I - Celestinus I - Sixtus III - Leo I - Hilarius - Simplicius - Felix III - Gelasius I - Anastasius II - Simmachus - Hormisdas - Johannes I - Felix IV - Bonifatius II - Johannes II - Agapetus I - Silverius - Vigilius - Pelagius I - Johannes III - Benedictus I - Pelagius II - Gregorius I - Sabinianus - Bonifatius III - Bonifatius IV - Deusdedit - Bonifatius V - Honorius I - Severinus - Johannes IV - Theodorus I - Martinus I - Eugenius I - Vitalianus - Adeodatus - Donus - Agato - Leo II - Benedictus II - Johannes V - Konon - Sergius I - Johannes VI - Johannes VII - Sisinnius - Konstantyn - Gregorius II - Gregorius III - Sagarias - Stefanus II (III) - Paulus I - Stefanus III (IV) - Adrianus I - Leo III - Stefanus IV (V) - Paschalis I - Eugenius II - Valentinus - Gregorius IV - Sergius II - Leo IV - Benedictus III - Nicolaas I - Adrianus II - Johannes VIII - Marinus I - Adrianus III - Stefanus V (VI) - Formosus - Bonifatius VI - Stefanus VI (VII) - Romanus - Theodorus II - Johannes IX - Benedictus IV - Leo V - Sergius III - Anastasius III - Lando - Johannes X - Leo VI - Stefanus VII (VIII) - Johannes XI - Leo VII - Stefanus VIII (IX) - Marinus II - Agapetus II - Johannes XII - Leo VIII - Benedictus V - Johannes XIII - Benedictus VI - Benedictus VII - Johannes XIV - Johannes XV - Gregorius V - Silvester II - Johannes XVII - Johannes XVIII - Sergius IV - Benedictus VIII - Johannes XIX - Benedictus IX - Silvester III - Benedictus IX - Gregorius VI - Clemens II - Benedictus IX - Damasus II - Leo IX - Victor II - Stefanus IX - Nicolaas II - Alexander II - Gregorius VII - Victor III - Urbanus II - Paschalis II - Gelasius II - Callixtus II - Honorius II - Innocentius II - Celestinus II - Lucius II - Eugenius III - Anastasius IV - Adrianus IV - Alexander III - Lucius III - Urbanus III - Gregorius VIII - Clemens III - Celestinus III - Innocentius III - Honorius III - Gregorius IX - Celestinus IV - Innocentius IV - Alexander IV - Urbanus IV - Clemens IV - Gregorius X - Innocentius V - Adrianus V - Johannes XXI - Nicolaas III - Martinus IV - Honorius IV - Nicolaas IV - Celestinus V - Bonifatius VIII - Benedictus XI - Clemens V - Johannes XXII - Benedictus XII - Clemens VI - Innocentius VI - Urbanus V - Gregorius XI - Urbanus VI - Bonifatius IX - Innocentius VII - Gregorius XII - Martinus V - Eugenius IV - Nicolaas V - Callixtus III - Pius II - Paulus II - Sixtus IV - Innocentius VIII - Alexander VI - Pius III - Julius II - Leo X - Adrianus VI - Clemens VII - Paulus III - Julius III - Marcellus II - Paulus IV - Pius IV - Pius V - Gregorius XIII - Sixtus V - Urbanus VII - Gregorius XIV - Innocentius IX - Clemens VIII - Leo XI - Paulus V - Gregorius XV - Urbanus VIII - Innocentius X - Alexander VII - Clemens IX - Clemens X - Innocentius XI - Alexander VIII - Innocentius XII - Clemens XI - Innocentius XIII - Benedictus XIII - Clemens XII - Benedictus XIV - Clemens XIII - Clemens XIV - Pius VI - Pius VII - Leo XII - Pius VIII - Gregorius XVI - Pius IX - Leo XIII - Pius X - Benedictus XV - Pius XI - Pius XII - Johannes XXIII - Paulus VI - Johannes Paulus I - Johannes Paulus II - Benedictus XVI |
Teenpouse | |
---|---|
Hippolitus – Novatianus – Felix II – Ursinus – Eulalius – Laurentius – Dioscurus – Eugenius I - Theodorus II – Paschalis I – Theofilactus - Konstantyn II – Philippus – Johannes – Anastasius – Christoforus – Bonifatius VII – Donus II - Johannes XVI – Gregorius – Silvester III – Benedictus X – Honorius II – Clemens III – Theodoricus – Albertus – Silvester IV – Gregorius VIII – Celestinus II – Anacletus II – Victor IV – Paschalis III – Callixtus III – Innocentius III – Nicolaas V – Clemens VII – Benedictus XIII – Alexander V – Johannes XXIII – Clemens VIII – Benedictus XIV – Felix V |