Trawniki
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Trawniki is 'n klein dorp in die Świdnik distrik in die Lublin Woiwodskap van Pole.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog was dit 'n SS-arbeidskamp wat arbeiders na nabye industriële fabrieke gestuur het en Oos-Europese Hiwi (Hilfswilliger, "hulpvrywilligers") opgelei het vir diens in die Nazi besettingseenhede in Pole en omliggende lande. Die Hiwi het bestaan uit etniese Duitsers uit die ooste van Europa, Oekraïne, Litaue, Letland, Estland en ander lande. Baie Trawniki-Männer het ook aan Operasie Reinhard deelgeneem, die Nazi's se plan vir die uitwissing van die Poolse Jode.
Die Tawniki kamp was in bevel van die Hauptsturmführer, Theodor von Eupen. Een van die Hiwis wat daar opgelei is, was John Demjanjuk.