See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Steven Spielberg - Wikipedia

Steven Spielberg

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Filmregisseur en -vervaardiger

[wysig] Belangrikste prestasies

Min filmregisseurs en -vervaardigers behaal dieselfde sterstatus as die akteurs wat in hulle films optree. Steven Spielberg, waarskynlik die wêreld se mees gewilde regisseur deur die laaste kwart van die twintigste eeu, is 'n uitsondering. Sedert 1975, toe sy tweede vollengte speelfilm, Jaws, ongewone sukses behaal het, was meeste van sy films buitengewoon suksesvol by die loket. ET, wat in 1982 vervaardig is, het daarin geslaag om filmiese vakkundigheid en vermaak in 'n storie te kombineer wat selfs die mees gesofistikeerde fliekkenners in trane gehad het en dit die film gemaak het met die grootste bruto-inkomste vir daardie tyd. Ander gewilde films, meestal in die wetenskapfiksie- en aksiefantasiegenres sluit die volgende in:

  • Close Encounters of the Third Kind (1977),
  • Raiders of the Lost Ark (1981) en die opvolgfilms,
  • Indiana Jones and the Temple of Doom (1984) en
  • Indiana Jones and the Last Crusade (1989). Spielberg was ook verantwoordelik vir Hook (1991) en die wetenskapfiksie-blokbom, Jurassic Park (in 1993 vrygestel) wat die loketsukses van ET herhaal het en die film met die hoogste bruto-inkomste in die fliekgeskiedenis geword het. In Jurassic Park is gebruik gemaak van gesofistikeerde rekenaartegnologie om die wêreld van die dinosourusse te herskep.

In The Colour Purple (1985), gebaseer op die roman van die bekende Afro-Amerikaanse outeur, Alice Walker, en Empire of the Sun (1987), gebaseer op die outobiografiese roman deur JG Ballard, het Spielberg 'n ernstiger toon aangeneem. Dit het albei hierdie films in die kunsfliekgenre geplaas in teenstelling met die meer gewilde genres waaraan hy meeste van sy aandag gewy het. 'n Akademietoekenning het hom tot in 1993 ontwyk toe hy vir sy aangrypende swart-en-wit-film Schindler's List toekennings ontvang het vir beste film en beste regisseur. In 1999 het hy vir die tweede keer die Akademietoekenning vir beste regisseur gekry vir Saving Private Ryan 'n verwoestende uitbeelding van die Eerste Wêreldoorlog.

[wysig] Lewensgeskiedenis

Steven Spielberg is in 1946 in Cincinnati, Ohio gebore as die seun van Arnold, 'n elektriese ingenieur, en Leah, 'n konsertpianis. Hy was die oudste van vier kinders. Sy ouers is geskei en sy ma is weer getroud. Steven was van 1979 tot 1989 met Amy Irving getroud. In 1991 is hy met Cate Capshaw getroud. Hy het sewe kinders wat 'n bron van kreatiewe inspirasie vir hom is. Spielberg het op die ouderdom van 12 begin films maak. 'n 24-minuut-film, Amblin, wat hy in 1969 gemaak het, het ateljeebase by Universal Studios genoegsaam beïndruk om hom 'n sewejaarkontrak aan te bied. Sy eerste speelfilm, Sugarland Express (vrygestel in 1974), het in 1974 die toekenning gekry vir beste speelfilmteks by die Cannes Filmfees. In 1985 het Spielberg sy eie vervaardigingsateljee, Amblin Entertainment, gestig en in 1994 het Spielberg, Jeffery Katzenberg en David Geffen die Hollywood-instelling uitgedaag deur die eerste nuwe filmateljee in meer as 75 jaar in Hollywood te stig. Die maatskappy is Dreamworks SKG genoem en aandeelhouers het dit bloot op die drie mans se reputasies ondersteun. Baie Hollywood-ringkoppe het gespot oor die idee en nie geglo dat Spielberg daarvan 'n sukses kon maak nie. Teen 1998 is daar egter geskat dat Steven Spielberg se fortuin 'n miljard Amerikaanse dollar beloop.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -