See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Rotsgebergte - Wikipedia

Rotsgebergte

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

NASA-satellietfoto van die Rotsgebergte
NASA-satellietfoto van die Rotsgebergte

Die Rotsgebergte (Frans Les Montagnes Rocheuses, Engels Rocky Mountains) is 'n uitgebreide bergreeks in Noord-Amerika wat van Alaska dwarsdeur Kanada en die Verenigde State tot by Meksiko strek. Dit bestaan eintlik uit 'n aantal ewewydige reekse wat deur komme en plato's van mekaar geskei word. Die bergreeks dien as 'n afbakening van verskillende klimaatgebiede tussen die weste en ooste, maar aangesien dit langs die weskus strek laat dit koue fronte van die arktiese gebiede tot ver in die suide van die vasteland voorkom. Die noorde van die reeks kry gereeld sneeu en is met ysvelde bedek, terwyl die suidelike gedeelte baie droog en woestynagtig is. Die totale lengte van die bergreeks is sowat 5 100 km, en die grootste enkele bergspits is die 4 399 m (14 433 vt) hoë piek Mount Elbert in Colorado, Verenigde State.

Die gebied is yl bevolk, met toerisme in die talle nasionale parke en waterkragsentrales as belangrikste ekonomiese basis. Franse ontdekkers - die voyageurs - baan hulle weg in die 17de eeu vanuit Montréal tot teenaan die Rotsgebergte: die bergreeks bly egter tot in die 19de eeu 'n groot natuurlike hindernis vir die setlaars wat weswaarts trek.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -