See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Romeinse mitologie - Wikipedia

Romeinse mitologie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die kop van Minerva was in die ruïnes van die Romeinse baddens in Bath gevind.
Die kop van Minerva was in die ruïnes van die Romeinse baddens in Bath gevind.

Romeinse mitologie, die mitologiese gelowe van die mense van Antieke Rome, kan in twee dele gedeel word. Die laterde deel was meestal letterkundig en het dele direk vanuit die Griekse mitologie ontleen. Die vroeër deel was kulties van aard en het in verskillende maniere van die Griekse mitologie verskil.

Inhoud

[wysig] Vroeë Romeinse mites

Die vroeë Romeine het geen vervolgende verhale oor hulle gode gehad wat vergelyk kan word met die Stryd van die Titane of die verleiding van Zeus deur Hera nie. Sulke verhale het eers begin verskyn toe die Romeinse digters begin het om die Griekse modelle aan te neem in die latere stadiums van die Romeinse Republiek. Die Romeine het egter wel 'n hoogsontwikkelde stel rituele, priesterkolleges en groepe gode gehad wat aan mekaar verwant was. Daarnaas het hulle ook 'n ryk versameling historiese mites oor die opkoms van hul stad gehad, wat hoofsaaklik uit menslike helde bestaan het met 'n goddelike inmenging so nou en dan.

[wysig] Vroeë mitologie oor die gode

Die Romeinse model het op 'n gode op 'n ander manier gedefinieer as die Grieke en ook anders aan hulle gedink. Byvoorbeeld, as mens 'n Griekse persoon sou vra oor Demeter, sou hy of sy kon antwoord met die bekende verhaal van Demeter se verdriet oor die ontvoering van Persephone deur Hades.

'n Argaïse Romein, in kontras, sou kon vertel oor Ceres en dat sy 'n offisiële priester gehad het wat 'n flamen genoem was, en dat hy 'n junior priester was in vergelyking met die flamens van Jupiter, Mars en Quirinus, maar 'n senior was in vergelyking met die flamens van Flora en Pomona. Hy sou ook weet dat sy deel was van 'n drie-eenheid met twee ander landbou-gode, Liber and Libera. Die persoon sou selfs al die minder belangrike gode wat vir haar gesorg het op sy vingers kon aftel, saam met hulle spesialiserings: Sarritor (onkruid verwyder), Messor (om te oes), Convector (vervoer), Conditor (opberger), Insitor (saaier), en talle meer.

Dus was die argaïse Romeinse mitologie, sover dit die gode betref het, nie saamgestel uit verhale nie, maar eerder uit aansluitende en ingewikkelde assosiasies tussen die gode en die mense.

Die oorspronklike geloof van die vroeë Romeine was verander deur die byvoeging van talle, en ook teenstrydige, sienings in later tye en ook deur die opname van 'n enorme deel van die Griekse mitologie. Wat vandag bekend is ook vroeë Romeinse geloof kom nie deur destydse skrifte nie, maar van latere skrywers wat probeer het om die ou tradisies te behou, soos die geleerde Marcus Terentius Varro vanuit die eerste eeu voor Christus. Ander klassieke skrywers, soos die digter Ovid, was sterk deur die Hellenistiese modelle beïnvloed en hulle werke het ook gereëld Griekse gelowe gebruik om die gate in die Romeinse tradisies mee op te vul.

[wysig] Vroeë mitologie oor Romeinse geskiedenis

In kontras met die skaarse verhalende werke oor hul gode, het die Romeine 'n ryk versameling legendes gehad oor die stigting en vroeë groei van hul eie stad. Hulle het ook materiaal uit Griekse heldhaftige legends ontleen en hieraan bygevoeg, met die gevolg dat Aeneas 'n voorvader van Romulus en Remus is.

Die Aeneis en die eerste paar boeke van Livius is die beste bestaande bronne vir hierdie menslike mitologie.

[wysig] Inheemse Romeinse en Italiese gode

'n Standbeeld van Ceres besig om vrugte te dra.
'n Standbeeld van Ceres besig om vrugte te dra.

Die Romeinse rituele van die offisiële priesters maak 'n duidelike onderskeid tussen twee klasse gode: die di indigetes en die di novensides of novensiles. Die indigetes was die oorspronklike gode van die Romeinse staat en hulle name en karakter word aangedui deur die titels van die eerste priesters en die gevestigde feesdae op die kalender: 30 sulke gode was geëer met spesiale feesdae. Die novensides was later gode wat in die stad voorgestel is tydens die historiese periode, meestal op 'n bekende datum en as antwoord op 'n spesifieke krisis of noodgeval. Vroeë Romeinse gode het, naas die di indigetes, 'n groep gode gehad wat gespesialiseer het in 'n spesifieke aktiwiteit, soos die oes. Oorblywende fragmente het onthul dat by sulke dade, soos die oes of om te saai, 'n verskillende god opgeroep is vir elke stap van die proses, die naam van die spesifieke god is dikwels afgelei van die werkwoord wat die aktiwiteit beskryf. Die gode kan geklassifiseer word as hulpgode en is saam met die hoofgode opgeroep. Vroeë Romeinse kultus was dus nie soseer politeïsties (veelgodery) nie, maar eerder polidemonies: die aanbidders se konsepte van die opgeroepde wesens het uit weinig meer as hul naam en funksie bestaan en die mag, of numen, van dié wesens was uiters gespesialiseerd.

Die karakters van die indigetes en hulle feeste dui daarop dat die vroeë Romeine nie slegs lede van die landbougemeenskap was nie, maar ook daarvoor lief was om te veg en oorlog te voer. Die gode het die praktiese daaglikse behoeftes duidelik verteenwoordig, soos nodig geag deur die Romeinse gemeenskap waaraan hulle behoort het. Janus en Vesta het by die deure en haarde gewaak, die Lares het die veld en die huis opgepas, Pales het na die weivelde gekyk, Saturnus na die saaiïng, Ceres na die groei van die graan, Pomona na die vrugte en Consus en Ops na die oes. Selfs die koninklike Jupiter, die koning van die gode, was geëer vir die hulp wat sy reën die plase en wynvelde bring. Hy was ook gesien as die bestuurder van menslike aktiwiteite, met weerlig as sy wapen, en was ook beskou as die beskermer van die Romeine en hulle militêre aktiwiteite buite die grense van hulle eie gemeenskap. Die gode Mars en Quirinus was baie prominent in die vroeë tye en word gereëld met mekaar verwar. Mars was 'n god van oorlog en was in Maart en Oktober geëer. Quirinus word deur moderne akademici beskou as die beskermer van die leër in tye van vrede.

Aan die bo-punt van die eerste groep gode was die drie-eenheid Jupiter, Mars en Quirinus (hulle priesters, of flamens was dus ook van die hoogste rang) en saam met hulle Janus en Vesta. In die tyd het die gode nie werklik hulle eie individualiteit besit nie en hulle persoonlike geskiedenis het troues en stambome ontbreek. Anders as die gode van die Grieke was daar nie van die Romeinse gode verwag om soos mense op te tree nie en dus bestaan daar nie baie rekords van die gode se aktiwiteite nie. Hierdie ouer manier van aanbidding was geassosieer met Numa Pompilius, die tweede koning van Rome, van wie daar geglo is dat hy die Romeinse godin van fonteine en geboorte, Egeria as sy gade en raadgewer gehad het (Egeria word in latere letterkundige bronne geïdentifiseer as 'n nimf).

[wysig] Uitheemse gode

Die absorbering van aangrensende gebiede se plaaslike gode het plaasgevind soos die Romeinse staat die omliggende gebiede verower het. Die Romeine het oor die algemeen die plaaslike gode van die verowerde gebiede dieselfde eer gegee as die vroeë gode was besonders deur die Romeinse staat beskou was. In baie gevalle was die nuwe gode formeel uitgenodig om hulself tuis te maak in nuwe heiligdomme in Rome. Die groei en uitbreiding van die stad het ook buitelanders gelok, wat toegelaat was ok hulle eie gode te aanbid sodra hulle eers in Rome was. Mithras het op hierdie na Rome gekom en sy gewildheid onder die Romeinse legioene het sy kult tot so vêr as Brittanje versprei. Die belangrikste Romeinse gode was naderhand met die meer menslike Griekse gode en godinne geïdentifiseer en het baie van hulle eienskappe en mites aangeneem.

[wysig] Sommige van die belangrikste Romeinse gode

[wysig] Eksterne skakels

[wysig] Bronnelys

  • Alan Cameron Greek Mythography in the Roman World (2005) OUP, Oxford (hersien deur T. P. Wiseman in Times Literary Supplement 13 Mei 2005 bl. 29)
Romeinse mitologie
Belangrike gode
Apollo | Ceres | Diana | Augustus | Fortuna | Divus Julius | Juno | Jupiter | Lares
Mars | Mercurius | Minerva | Neptunus | Pluto | Quirinus | Sol | Venus | Vesta | Vulcan


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -