See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ou Kerkslawies - Wikipedia

Ou Kerkslawies

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ou Kerkslawies
In Russies Старославянский язык
Familie Indo-Europees
Gebied Slawiese streke
Beperking Slegs ’n liturgiese taal
Skrif Glagolitiese alfabet
Cyrilliese alfabet
Ook genoem Oudslawies
Oudbulgaars
Kodes
ISO 639-1 cu
ISO 639-2 chu
ISO 639-3 chu [1]

Ou Kerkslawies (soms ook Oudbulgaars of Oudslawies genoem) is die oudste Slawiese skryftaal. Dit dateer uit die tweede helfte van die 9de eeu en is gebaseer op die Suid-Slawiese (Bulgaarse of Macedoniese) dialek van Thessaloniki. Twee alfabette word vir Ou Kerkslawies gebruik: die Glagolitiese alfabet, wat spesiaal daarvoor ontwerp is, en die Cyrilliese alfabet, wat eersgenoemde vervang het.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Ou Kerkslawies is nou verbonde met die sendingwerk van die broers Cyrillus en Methodius, wat van Thessaloniki afkomstig is, en hulle leerlinge. Vir hulle missie na die Groot-Morawiese Ryk (863) het hulle onder meer die Bybel in Slawies vertaal. Die enigste geskrifte in Ou Kerkslawies hou verband met die broers se sendingwerk. Kopieë van die geskrifte het in die vorm van 'n beperkte aantal manuskripte uit die 10de en 11de eeu behoue gebly.

Ou Kerkslawies het verder ontwikkel in Kerkslawies, 'n taal wat tot vandag toe gebruik word as liturgiese taal in die verskillende Slawiese Oosters-Ortodokse kerke. Vir die historiese taalkunde is Ou Kerkslawies van belang omdat dit naby aan Proto-Slawies, die gemeenskaplike oertaal van al die Slawiese volke, kom.

[wysig] Ou Kerkslawiese manuskripte

[wysig] Glagolities

  • Codex Zographensis
  • Codex Marianus
  • Codex Assemanianus
  • Psalterium Sinaiticum
  • Kiever Blätter
  • Euchologium Sinaiticum
  • Glagolita Clozianus

[wysig] Cyrillies

  • Savvina Kniga
  • Codex Suprasliensis

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -