Graaf Lando van Capua word opgevolg deur sy broer graaf-biskop Landulf.
'n Sinode in Rome onder leiding van Pous Nicolaas I ekskommunikeer Patriarg Photius.
Junie - Sinode vam Metz bevestig die besluit van die sinode van Aken wat goedkeuring verleen het aan die huwelik van Lotarius II van Lotaringe met sy minnares Waldrada.
Augustus - Koning Boris van Bulgarye stuur 106 vrae oor die geloof en die kerk aan Pous Nicolaas I.
Oktober - Pous Nicolaas I veroordeel die besluite van die sinode van Metz en ekskommunikeer Gunter van Keulen en Thietgaud van Trier.