See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Mtunzini - Wikipedia

Mtunzini

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Mtunzini is 'n kusdorpie aan die N2-tolpad ongeveer 140 km noord van Durban in Kwazulu-Natal. Dit lê een uur per motor van Umfolozi-Hluhluwe Nasonale Park en St. Lucia Nasionale Park. Dis gewild by binnelanders oor die skoolvakansies, veral as gevolg van matige temperature tydens die wintermaande. Die naam is afgelei van ’n Zoeloe-woord wat “in die skadu” beteken.

Vaste inwoners: ongeveer 1500 (ongeveer 40% Afrikaanssprekend).

Koördinate op landkaart: -28.962 S; 31.785 O

Inhoud

[wysig] Ekonomie

Die dorp het geen groot industrieë nie, maar wel enkele kleiner ondenermings. Die meeste inwoners werk in omliggende dorpe. In die verlede het akademici en afgetrede suikerboere hulle hier gevestig. Die toerisme en vakansie-bedryf lewer ’n aansienlike inkomste. Gereelde kragonderbrekings en sporadiese waterskaarste kom voor. Daar is ook 'n aanbod van werk uit die naasliggende stam-gebiede.

[wysig] Ligging

Die naaste dorpe is: Ezikhawini (22 km by Universiteit van Zoeloeland); Empangeni (37 km); Richardsbaai (47 km); Eshowe (44 km). Die reis van Johannesburg na Mtunzini duur ongeveer 6 uur per motor via Standerton, Volksrust en Vryheid. Soos die kraai vlieg, is Mtunzini die kusdorp heel naaste aan Johannesburg. Dit is een van die redes waarom Telkom se optiese veselglas-kabel hier aan land kom uit die Ooste (Singapoer).

Mtunzini beslaan Wyk 9 van die groter Umlalazi-munisipaliteit, met hoofkantoor in Eshowe.

[wysig] Besienswaardighede en vermaak

Die Raphiapalm opelug-monument is die tuiste van die bedreigde Witaasvoël (hypohierax angolensis). Oor die 860 voëlsoorte is al in die inheemse kusbos opgemerk. Daar is ook die Umlalazi-natuurreservaat met 'n besienswaardige wortelboommoeras en -ekostelsel. Gewilde aktiwiteite is perdry, visvang, waterski, diepseehengel, die gebruik van die wandelpaaie in die kusbos en die benutting van die swemstrand (20 km skoon strande). Die dorp het ook 'n buiteklub met muurbal- en golfbane.

[wysig] Leesstof

Sien boek The history of Mtunzini, volume 1 en 2, deur F A van Jaarsveld.

[wysig] Eksterne Skakels

Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -