Koi
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Nishikigoi | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
|
||||||||||||||
Koi (Cyprynis carpio) is gewilde ornamentele visse soortgelyk aan die goudvis. Die woord koi kom van die Japannese woord wat "karp" beteken. Die ornamentele koi word meer spesifiek nishikigoi genoem. Koi kan 'n redelike lang lewe hê. Daar is historiese bewyse dat sommige koi oor 'n honderd jaar oud kan word.
Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Koitelery het gewild begin word in die 18de eeu in Japan. Rysboere het gekleurde karpe uitgesoek en hulle so begin teel. Die buitewêreld het koi eers ontdek in 1914 toe van hulle as 'n geskenk aan Keiser Hirohito gegee is. Daarna het die aanvraag na koi gegroei en vandag is hierdie gekleurde karpvisse volop beskikbaar en word reg oor die wêreld geteel.
[wysig] Variasies
Koi kom in verskeie kleure voor. Oranje, rooi, geel, wit en swart kom die meeste voor. Die volgende is die mees dominante variasies:
- Kohaku – 'n wit koi met 'n rooi patroon
- Taisho Sanshoku (Sanke) – 'n wit koi met 'n rooi en swart patroon
- Showa Sanshoku (Showa) – 'n swart koi met 'n rooi en wit patroon
- Ogon – 'n koi wat eenkleurig is
- KinGinRin - koi met helder goue kleure
- Tancho – wit koi met 'n rooi voorkop
[wysig] Koi in aanhouding
Koi is sterk visse en kan maklik aangehou word. Hulle is kouewatervisse so enige skoudam moet ten minste 1.5 meter diep wees. Omdat koi 'n helder kleur is, is hulle maklike prooi vir roofdiere en is dit aanbevele om 'n skuiling oor 'n skoudam te plaas.
Koi en alle karpverwante visse het 'n baie vinnigwerkende metabolisme en sodoende kan hulle maklik hul eie water besoedel en is dit noodsaaklik om 'n goeie filterpomp te installeer.