Kartografie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kartografie (In Grieks "chartis", om te skryf)
'n Persoon wat in kartografie spesialiseer, word ‘n kartograaf genoem. Kartografie behels om die optrek van kaarte te bestudeer en te beoefen.
Gewoonlik was kaarte opgetrek met behulp van pen en papier, maar die koms en verspreiding van rekenaars het ‘n omwenteling teweeg gebring in kartografie. Die meeste hedendaagse kaarte word met behulp van kartografiese sagteware op rekenaars gemaak.
Kaarte dien as die visuele voorstellings van data wat handel oor verskillende ruimtes en areas. Hierdie data word verkry deur verskeie tipe metings, en kan in ‘n databasis gestoor word. Die data kan dan later om verskeie redes weer herroep word.
Die kartografiese proses is gebaseer op die voorafgaande feit dat die wêreld meetbaar is en dat ons betroubare voorstellings of modelle kan maak van daardie realiteit.
Kartografie behels gevorderde vaardighede en gesindhede, asook die gebruik van simbole om sekere geografiese verskynsels mee te verteenwoordig, asook die vermoë om die wêreld in ‘n abstrakte en afgeskaalde wyse te kan visualiseer.