Karp
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Karp | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||
|
||||||||||
Die karp is 'n varswatervis van die familie Cyprinidae. Die gewone karp (Cyprinus carpio) is die bekendste karp en is oorspronklik afkomstig van Asië. In die 12de eeu het Europese monnike karpe geteel vir 'n bron van voedsel en in 1877 is karpe in die Verenigde State van Amerika ingevoer. In sentraal Europa is karp 'n algemene tradisionele gereg oor Kersfees.