Johan die Blinde
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Johan die Blinde van Luxemburg (Frans: Jean l'Aveugle de Luxembourg, 1296-1346) is die seun van keiser Hendrik VII. Hy erf Luxemburg en Boheme, maar nie die Duitse troon nie. Hy regeer as Boheemse koning van 1310 tot 1346 en verower 1327-1330 Silesië. Johan is 'n groot vriend van Frankryk en vertoef gereeld by die Franse hof. Ondanks sy blindheid veg hy saam met die Franse in die slag van Crécy-en-Ponthieu waar hy ook sneuwel. Sy seun Karel IV van Luxemburg (1316-1378) word Roomse koning, koning van Boheme en Boergondië, en Duitse keiser.