Homeopatie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Homeopatie is 'n betreklik nuwe, omstrede medisynestelsel wat 200 jaar gelede deur 'n Duitse mediese dokter en Europese-klas-skeikundige, Samuel Hahnemann, ontwikkel is. Hahnemann was teleurgesteld met die wyse waarop medisyne in sy tyd beoefen is. Homeopatie word tans by hoofstroom mediese praktyk ingesluit, ook in Suid-Afrika.[verwysing benodig] Homeopaties is gebaseer op 'n vitalistiese wêreldsiening, wat die fundamentele oorsaak van siekte as 'n wanbalans in 'n teoretiese lewenskrag sien. Voorstanders beweer dat homeopatiese behandeling die liggaam se lewenskrag kan harmoniseer en herbalanseer en sodoende die gesondheid herstel. Hierdie bewering word nie deur moderne biologie of medisyne gesteun nie.[1][2][3][4][5]
Die basiese beginsel van die homeopatie is "gelyksoortig behandel gelyksoortig" - gebaseer op waarnemings in die natuur wat selfs aan Hippokrates (wat as die vader van die moderne medisyne erken word) bekend was. Hier is 'n voorbeeld hiervan: Sommige mense gebruik koffie om hulle meer op en wakker te maak, om hulle te help om snags laat wakker te bly en om hul denkprosesse te stimuleer. Dus kan coffea acrude, 'n homeopatiese middel wat van koffie gemaak is, mense help om aan die slaap te raak as hulle moeite ondervind om dit te doen as gevolg van vlieënde gedagtes en prikkelbaarheid.
Homeopatiese medisynes word vervaardig volgens internasionaal-gestandaardiseerde metodes van goeie farmaseutiese praktyk, soos in die farmakopee neergelê. Hulle is afgelei van minerale, plante en biologiese bronne. Hulle is nie kruiemedisynes of vitamiene nie.
In Suid-Afrika is homeopatie 'n term wat losweg gebruik word om enigiets te beskryf wat "alternatief" is. Dit is egter duidelik dat dit 'n spesifieke dissipline is, en duidelik onderskeibaar van naturopatie en (Westerse) kruiekunde, hoewel hierdie metodologieë baie aspekte gemeen mag hê, soos advies aan pasiënte oor gesonde leefwyse en dieetkundige manipulasie. Naturopate gebruik soms homeopatiese middels en homeopate kan dalk soms naturopatiese medisynes benut.
Soos in ander dele van die wêreld, neem die gewildheid van homeopatie die afgelope twee dekades in Suid-Afrika toe. Dit word as alternatiewe geneeskundige praktyk erken en homeopate word geregistreer as lede van die Suid-Afrikaanse Raad vir Chiropraktisyns, Homeopate and Verwante Gesondheidsberoepe. Hierdie wet word tans gewysig om Refleksologie, Aromaterapie en Massering in te sluit.
[wysig] Verwysings
- ^ Brien S, Lewith G, Bryant T (2003). "Ultramolecular homeopathy has no observable clinical effects. A randomized, double-blind, placebo-controlled proving trial of Belladonna 30C". British journal of clinical pharmacology 56 (5): 562-8. PMID 14651731.
- ^ McCarney RW, Linde K, Lasserson TJ (2004). "Homeopathy for chronic asthma". Cochrane database of systematic reviews (Online) (1): CD000353. DOI:10.1002/14651858.CD000353.pub2. PMID 14973954.
- ^ McCarney R, Warner J, Fisher P, Van Haselen R (2003). "Homeopathy for dementia". Cochrane database of systematic reviews (Online) (1): CD003803. PMID 12535487.
- ^ Long L, Ernst E (2001). "Homeopathic remedies for the treatment of osteoarthritis: a systematic review". The British homoeopathic journal 90 (1): 37-43. PMID 11212088.
- ^ Shang A, Huwiler-Müntener K, Nartey L, et al (2005). "Are the clinical effects of homoeopathy placebo effects? Comparative study of placebo-controlled trials of homoeopathy and allopathy". Lancet 366 (9487): 726-32. DOI:10.1016/S0140-6736(05)67177-2. PMID 16125589.