See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Hells Angels - Wikipedia

Hells Angels

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die ingang van die Hells Angels se klubhuis in New York in die VSA.
Die ingang van die Hells Angels se klubhuis in New York in die VSA.

Die Hells Angels is 'n motorfietsklub wat oorspronklik in Amerika gestig is. Vandag beskik die klub oor duisende lede, versprei oor meer as 29 lande, insluitende Suid-Afrika.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die klub is in 1948 in Fontana, Kalifornië gestig. Die naam "Hells Angels" is geïnspireer deur 'n groep vlieeniers van die VSA se lugmag wat aktief was gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die klub bevestig dat die naam oorspronklik voorgestel is deur ene Arvid Olsen, wat betrokke was by the VSA lugmag eenheid ten tyde van sy assosiasie met die stigters van die Hells Angels klub.

Die Hells Angels sê uitdruklik dat hulle nie direk met die militêre eenheid geassosieer is nie, maar slegs die naam aangeneem het. Geeneen van die oorspronklike militêre Hell's Angels het ooit aan die motorfietsklub behoort nie. [1]

[wysig] Klub Skild

Die Hells Angels se klub motief is genaamd die "Deathead" en bestaan uit 'n skedel gekroon met 'n goue helm in die vorm van 'n vlerk.

Die oorsprong van die motief word erken as 'n kombinasie van militêre embleme, van onderskeidelik die VSA lugmag se "85th Fighter Squadron" en die "552nd Medium Bomber Squadron". Die finale ontwerp was gemaak deur Frank Sadliek, 'n eertydse leier van die Hells Angels in San Fransisco.

Die Hells Angels het die klub embleem, die klub naam en die naam "Deathead" geregistreer as 'n handelsmerk in verskeie lande, insluitende Suid Afrika. [2]

[wysig] In die Media

Die Hells Angels geniet wêreldwye publisiteit — meesal negatief, danksy klublede se betrokkenheid by onwettige aktiwiteite.

Die klub se verteenwoordigers wend gereelde pogings aan om die klub te distansieer van die kriminele aktiwiteite van sommige lede, maar danksy volgehoue negatiewe publisiteit deur die pers, is daar min mense wat níé die Hells Angels assosieer met geweld, misdaad en antisosiale gedrag nie.

Plaaslike nuus artikels oor die Hells Angels in Suid Afrika, illustreer die kwessie duidelik:

[wysig] Verwysings

[http://www.hells-angels.startpagina.nl/ Hells Angels World Links (en)

  1. ^ http://www.hells-angels.com/history.htm Hells Angels amptelike webtuiste
  2. ^ http://www.hells-angels.com/history.htm Hells Angels amptelike webtuiste


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -