See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Haute-Normandie - Wikipedia

Haute-Normandie

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Haute-Normandie

Blason de la Basse-Normandie

Beeld:Haute-Normandie map.png
Départements Eure (27)
Seine-Maritime (76)
Prefektuur Rouen
Bevolking 1 780 192 inw.
(1999)
Bevolkingsdigtheid 145 inw./vk km
Oppervlakte 12 317 vk km
Arrondissemente 15
Kantons 6
Munisipaliteite 1 434
President van
Gewestelike Raad
Alain Le Vern (PS)
Die Brotonne-brug in Seine-Maritime
Die Brotonne-brug in Seine-Maritime

Haute-Normandie ("Bo-Normandië") is een van die Franse geweste, wat in die jaar 1956 as administratiewe eenhede gevorm is, en bevat twee départements: Seine-Maritime en Eure. Haute-Normandie beslaan die oostelike deel van die historiese provinsie Normandië, met 'n oppervlak van 12 317 vierkante kilometer en sowat 1,8 miljoen inwoners (1999).

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Sien hoofartikel : Normandië

Normandië het ontwikkel ná die Eerste Wêreldoorlog tot een van die sentrums van die Franse papier- en petrochemiese bedryf. Die landing van die gealliëerde magte op 6 Junie 1944 het tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n einde gebring aan die Duitse besetting, maar die gewes behoort tot die Franse gebiede wat die swaarste getref is deur die oorlogshandelinge.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het die plaaslike ekonomie vinnig gegroei, en baie ondernemings uit die metropolitaanse gebied van Parys het hulle in Haute-Normandie kom vestig.

[wysig] Geografie

Marais Vernier, Eure
Marais Vernier, Eure

Die belangrikste landskappe in die département Seine-Maritime is die Alabasterkus (Frans: Côte d'Alabâtre) met sy kenmerkende, 200 miljoen jaar oue rotsformasies, wat bo-oor die strande verrys en tot by 110 meter loodreg daal, en die Seinevallei, 'n landskap wat deur krytrotse en bebosde heuwels oorheers word. Die Seine het oor 'n tydperk van 60 000 jaar 'n soort amfiteater met 'n oppervlak van 30 vierkante kilometer dwarsdeur die heuwels uitgegrawe. Naby Le Havre, die tweede grootste seehawe in Frankryk na Marseille, mond die Seine in die Engelse Kanaal uit.

Eure spog met 'n groot aantal tuine, kloosters, kerke en ander besienswaardighede in sy uitgestrekte weilande, wat tussen die Seinemonding in die weste, Gisors in die ooste, die suide van die Normandiese hoofstad, Rouen, en die kunstenaarsdorp Verneuil-sur-Avre lê.


[wysig] Ekonomie

Haute-Normandie is 'n hoogs geïndustrialiseerde gewes. Die plaaslike nywerhede het in 2001 werksgeleenthede aan meer as 142 000 mense geied en sestig persent van die Franse smeerolie-produksie, vyftig persent van sy plastiek en dertig persent van sy motors vervaardig. Dit is die belangrikste vervaardiger van linne, die vierde belangrikste gewes ten opsigte van buitelandse handelsbetrekkinge en die sesde belangrikste ten opsigte van navorsing.

[wysig] Demografie

36,5 persent van die bevolking is jonger as 25 jaar, wat van Haute-Normandie die jongste gewes in Frankryk maak. Met twee persent van die nasionale oppervlak verteenwoordig Haute-Normandie met sy 1,74 miljoen inwoners 3 persent van die nasionale bevolking.

[wysig] Besienswaardighede

Die Eure, naamgewer van die département
Die Eure, naamgewer van die département
Glasvensters in die katedraal van Rouen
Glasvensters in die katedraal van Rouen

Haute-Normandie en sy hoofstad, Rouen, beskik oor die hoogste digtheid museums in Frankryk. Digby die plek waar Johanna van Arkel deur die Engelse op die brandstapel tereggestel is, die ou markplein van Rouen, behandel die Johanna van Arkel-museum haar geskiedenis.

Die département Seine-Maritime lok toeriste met 'n aantal geskiedkundige en fynproewerroetes soos die Ivoorroete, Speseryeroete, Roete van die Abdye, Kaasroete en die Appel-en-siderroete.

Die Route des Maisons d'Écrivains in Eure loop langs die huise van 'n aantal bekende Franse skrywers. In die Château de Vascœuil, 'n kasteel uit die 14de eeu, het die Franse geskiedkundige Jules Michelet sy hoofwerk, die Histoire de France ("Die geskiedenis van Frankryk") in 16 boekdele, voltooi.

[wysig] Bronne

Michel de Boüard: Histoire de la Normandie. Toulouse: Privat, 2001 ; ISBN 2-7089-1707-2

[wysig] Eksterne skakels


Die administratiewe geweste van Frankryk Flag of France
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays-de-la-Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Oorsese gebiede:
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Réunion


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -