Graan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Graan word meestal gebruik om grassoorte te beskryf wat verbou word vir hulle eetbare graan of sade. Hierdie graansoorte word op grootskaal verbou en verskaf wêreldwyd meer energie as enige ander verboude voedsel. Sommige ontwikkelende nasies se dieet bestaan hoofsaaklik uit graan. In ontwikkelde nasies is die aantal graan wat genuttig word minder, maar vorm steeds 'n belangrike deel van die daaglikse dieet.
[wysig] Produksie
Die volgende tabel wys die jaarlike produksie van die mees gewilde graansoorte, beide in 1961[1] en in 2005. Die graansoorte is volgens hul 2005-produksie gelys.[2] Alhoewel bokwiet en quinoa gereëld onder grane getel word, is hulle egter tweesaadlobbige plante en dus nie werklik grassoorte nie.
Graan | 2005 (Metriese ton (Mt)) | 1961 (Mt) | |
---|---|---|---|
Mielies | 711,762,871 | 205,004,683 | 'n Stapelvoedsel vir mense in Noord-Amerika, Suid-Amerika en Afrika asook veediere die wêreld oor. |
Koring | 630,556,602 | 222,357,231 | Die primêre graansoort in matige klimate. |
Rys[3] | 621,588,528 | 284,654,697 | Die primêre graansoort in tropiese klimate. |
Gars | 139,220,431 | 72,411,104 | Verbou op grond wat te arm of te koud vir koring is. Word gemout of geëet deur veediere. |
Sorghum | 59,722,088 | 40,931,625 | 'n Belangrike stapelvoedsel in Asië en Afrika en ook gereëld gebruik as voer vir veediere. |
Gierst | 30,302,450 | 25,703,968 | 'n Groep soortgelyke, dog verskillende grane wat 'n belangrike stapelvoedsel in Asië en Afrika vorm. |
Hawer | 24,032,521 | 49,588,769 | Vroeër die stapelvoedsel van Skotland en ook wêreldwyd gewild as voer vir veediere. |
Rog | 15,202,142 | 35,109,990 | Belangrik in koue klimate. |
Triticale (Korog) | 12,962,777 | 0 | 'n Kruising tussen koring en rog. |
Bokwiet | 2,127,823 | 2,478,596 | Word veral in Europa en Asië gebruik. |
Fonio | 284,578 | 178,483 | Verskillende soorte grane wat in Afrika verbou word |
Quinoa | 58,443 | 32,435 | Antieke skyngraan, word in die Andes verbou. |
Die totaal mielies, koring en rys verskaf 87% van die wêreldwye graanproduksie.[2]