See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Elvis Presley - Wikipedia

Elvis Presley

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Elvis Presley by Bottelho
Elvis Presley by Bottelho

Elvis Aaron Presley is op 8 Januarie 1935 in 'n nederige tweevertrekhuis in Tupelo, Mississippi gebore as seun van Vernon en Gladys Presley. Sy tweeling was doodgebore en Elvis se ma, Gladys, wat vir 'n groot deel van haar lewe finansieel gesukkel het en wie se ontsnapping van die realiteit gelê het in die glansryke wêreld van rolprentsterre, was versot op haar enigste seun. Elvis het op die ouderdom van elf jaar 'n kitaar van sy ouers ontvang saam met wie hy in 'n Pinkster-gospelgroep gesing het.

Hy het sy eerste lied op die ouderdom van agtien in 'n ateljee in Memphis opgeneem. Sy kombinasie van swart blues en wit country het gou gewild geword en in 1956 het die lied Heartbreak Hotel, bo-aan die Amerikaanse trefferlyste gestaan. In dieselfde jaar was die eerste vertoning van sy eerste film, Love me tender. In 1956 was hy verbind tot drie optredes op die Ed Sullivan program, maar die tweede het hom slegs van die middellyf af boontoe gewys. Sy optreeloopbaan was in 1958 onderbreek toe hy vir agtien maande as jeepbestuurder opgeroep was vir die Amerikaanse weermag. In sy afwesigheid het al vyf enkelplate wat sy agent, Kolonel Tom Parker, hom aangeraai het om op te neem voor sy vertrek na Europa, treffers geword. Met sy terugkeer van militêre diens, het Elvis ontdek dat die ruk-en-rol-smaak verander het en het hy homself weer bekend gestel. Sy romantiese ballades (byvoorbeeld It's Now or Never en Are You Lonesome Tonight) het net so gewild geword in die sestigerjare as die polsende ruk-en-rol-liedjies wat hy in die vyftigerjare gemaak het. In die sewentigerjare het Elvis een van die toonaangewendste kunstenaars vann sy tyd gebly en het hy daarin geslaag om 'n dol toer- en optreeskedule te handhaaf. Sy uitverkoopvertonings in Las Vegas, Madison Square Garden, the Houston Astrodome en Pontiac, Michigan het almal alle bywoningsrekords verbreek. In 1967 het Presley met Priscilla Beaulieu getrou. Hulle het een dogter, Lisa Marie, gehad wat in 1968 gebore is. Die huwelik het in Oktober 1973 geëindig en na die egskeiding het Presley se gesondheid begin agteruitgaan. Sy dwelmmisbruik het veroorsaak dat hy op verskeie geleenthede in die hospitaal opgeneem is en op 16 Augustus 1977 is hy oorlede van 'n onreëlmatigheid van die hart. Sy huis, Graceland in Memphis, Tennessee, is omskep tot heiligdom vir die legende en is sedert sy dood deur miljoene bewonderaars besoek. Wêreldwyd het hy meer as 'n miljard plate verkoop, meer as enige ander kunstenaar in die geskiedenis.

[wysig] Belangrike prestasies

Elvis 'The Pelvis' Presley het die wêreld in die middel vyftigerjare stormenderhand met sy ghitaar, sy ruwe stem en sy verleidelike heupe verower met treffers soos Heartbreak Hotel, Jailhouse Rock, Blue Suede Shoes en All shook up. Presley, die koning van ruk-en-rol-musiek, het die simbool geword van tieners se nuutgevonde status en bevryding in die rebelse na-oorlogse jeugkultuur. Sy gewildheid was nie tot Amerika beperk nie - tieners van regoor die wêreld het hom aanbid. Baie volwassenes het egter sy vulgariteit verag en hierdie 'maniak met die vuil hare en vuil mond' gesien as 'n bedreiging vir die geordende samelewing, 'n musiekprostituut wat sy boude beter kon swaai as wat hy kon musiek maak. Presley het 'n gewilde rolprentster geword met films soos Love me tender en Jailhouse Rock. Hy het meer as 500 miljoen plate wêreldwyd verkoop en 33 films gemaak in sy leeftyd. Hy was baie ryk en het windmakerig gelewe, maar was ook bekend vir sy ongelooflike vrygewigheid aan ander. Presley was die inspirasie vir 'n hele geslag musikante, soos Jerry Lee Lewis, Carl Perkins, John Lennon, Bruce Springsteen en Bob Dylan.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -