Daniel Dennett
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Daniel Clement Dennett (gebore 28 Maart 1942) is 'n Amerikaanse filosoof. Dennett se navorsing fokus op die geestesfilosofie en die wetenskapfilosofie, veral aangesien dié velde verband hou met die evolusionêre biologie en kognitiewe wetenskap. Dennett is een van die voorste kontemporêre deterministe wat hulself beywer vir 'n meganiese verduideliking van die bewussyn.
Inhoud |
[wysig] Agtergrond
Dennett se vader was 'n diplomaat en 'n kenner van die geskiedenis van Islam en sy moeder, 'n redakteur en 'n onderwyseres. Nadat hy 'n B.A. in filosofie aan Harvard Universiteit in 1963 verwerf het, gaan hy na die Oxford Universiteit, waar hy saam met die filosoof Gilbert Ryle studeer. As 'n nagraadse student het Dennett 'n belangstelling ontwikkel in die probleem van bewussyn en skryf hy sy eerste tesis oor die onderwerp wat later verwerk word in sy eerste boek Content and Consciousness (1969). Hy verwerf 'n doktorsgraad in filosofie in 1965, waarna hy terugkeer na die VSA. Hy doseer aan die Universiteit van Kalifornië, Irvine. Sedert 1971 is hy aan die Tufts Universiteit verbonde en is tans werksaam as Austin B. Fletcher Professor van Filosofie en Direkteur van die Center for Cognitive Studies aan dié universiteit.
[wysig] Sienings
Dennett is die skrywer van verskeie boeke oor die evolusie en die bewussyn. Hy is 'n leidende proponent van die teorie bekend by sommiges as die Neurologiese Darwinisme (sien ook gulsige redaksionisme).
Dennett is ook bekend vir sy argument teen sogenaamde "qualia". Hy beweer dat die konsep so deurmekaar is dat dit nie gebruik kan word nie of verstaan kan word in enige nie-weersprekende manier nie en bied dus nie 'n geldige verwerping van fisiesisme nie. Fisiesisme is die metafisiese standpunt dat alles fisies is, en dus bestaan daar niks wat nie suiwer van fisiese oorsprong is nie. Hierdie argument word breedvoerig aangebied in sy boek Consciousness Explained.
[wysig] Geselekteerde werke
- Brainstorms : Philosophical Essays on Mind and Psychology (MIT Press 1981) (ISBN 0262540371)
- Elbow Room: The Varieties of Free Will Worth Wanting (MIT Press 1984) - oor vrye wil en determinisme (ISBN 0262040778)
- The Mind's I (Bantam, Reissue edition 1985, with Douglas Hofstadter) (ISBN 0553345842)
- Content and Consciousness (Routledge & Kegan Paul Books Ltd; 2nd ed edition January 1986) (ISBN 0710208464)
- The Intentional Stance (MIT Press; Reprint edition 1989) (ISBN 0262540533)
- Consciousness Explained (Back Bay Books 1992) (ISBN 0316180661)
- Darwin's Dangerous Idea: Evolution and the Meanings of Life (Simon & Schuster; Reprint edition 1996) (ISBN 068482471X)
- Kinds of Minds: Towards an Understanding of Consciousness (Basic Books 1997) (ISBN 0465073514)
- Brainchildren: Essays on Designing Minds (Representation and Mind) (MIT Press 1998) (ISBN 0262041669) - 'n Versameling Essays 1984-1996
- Freedom Evolves (Viking Press 2003) (ISBN 0670031860)
- Sweet Dreams : Philosophical Obstacles to a Science of Consciousness (Jean Nicod Lectures) (Bradford Books 2005) (ISBN 0262042258)
[wysig] Tekste oor Dennett
- Daniel Dennett edited by Andrew Brook and Don Ross (Cambridge University Press 2000) (ISBN 0521008646)
- Dennett's Philosophy: A Comprehensive Assessment edited by Don Ross, Andrew Brook and David Thompson (MIT Press 2000) (ISBN 0262182009)
- Dennett, onder andere word bespreek in John Brockman's The Third Culture.
- On Dennett John Symons (Wadsworth Publishing Company 2000) (ISBN 053457632X)