Chen Shui-bian
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Chen Shui-bian (Sjinese spelling: 陳水扁}}, * 1950 in Guantian (distrik Tainan, Republiek van Sjina) is 'n Taiwanese politikus en fungeer sedert Maart 2000 as president of staatshoof van die Republiek van Sjina (Taiwan). Op 20 Maart 2004 is hy vir 'n tweede ampstermyn verkies.
Chen is lid van die Demokratiese Progressiewe Party (DPP) en sedert Oktober 2007 ook sy voorsitter [1] en 'n voorstander van die Republiek van Sjina se onafhanklikheid. Chen is die eerste Nasionaal-Sjinese president wat geen lid van die Kuomintang-party (KMT) is wat die republiek dekades lank geregeer het en is net soos sy voorganger Lee Teng-hui (KMT) nie op die Sjinese vasteland nie, maar op Taiwan gebore.