See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Cassis - Wikipedia

Cassis

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Cassis is 'n belangrike toeristebestemming in die département Bouches-du-Rhône (Suid-Frankryk) met 'n oppervlak van 26,86 vierkante kilometer en 8 001 inwoners (1999). Die dorp staan bekend vir sy rotskus met die kenmerkende calanques en sy uitstekende wit en roséwyne. Bekende skilders soos Vincent van Gogh en André Derain het die landskap van Cassis as motief vir hulle kunswerke gekies.

[wysig] Geografie

Die hawe van Cassis
Die hawe van Cassis

Cassis lê aan die Middellandse See, sowat twintig kilometer oos van Marseille, in 'n sonnige streek met jaarliks sowat 3 000 sonskynure. Die plaaslike Kaap Canaille spog met die steilste rotswande van alle Europese kusgebiede, wat 'n hoogte van 394 meter bereik. Die dorp is omring deur krytrotse, wat in die winter 'n beskerming bied teen die soms koue Mistralwind.

Daar is sowat twintig calanques, tipiese klein fjorde, in die omgewing van Cassis, naas 'n aantal bekende sandstrande soos die Plage du Bestouan en die Plage de la Grande Mer en die klipstrand Plage de l'Arène.

Die plaaslike grond met sy hoë kalkgehalte en die hoë jodiumgehalte van die lug bevorder die wynbou in die gebied, wat met die Vin de Cassis 'n gewilde wit wyn van oorsprong oplewer.

[wysig] Geskiedenis

Die eerste bewoners van die gebied is Liguriërs, wat in die tydperk tussen 500 en 600 v.C. 'n versterkte nedersetting bo-op die Baou Redon oprig.

In die Romeinse tydperk is Cassis 'n klein vissersdorp, wat volgens argeologiese opgrawings ook handelsbetrekkinge met Noord-Afrika en die Levant het.

'n Uitsig oor Cassis met sy kenmerkende calanques
'n Uitsig oor Cassis met sy kenmerkende calanques

Tussen die 5de en 10de eeu bied die castrum, 'n versterkte dorp, 'n skuilplek tydens barbare-invalle. Die castrum word in 1223 die besit van die Seigneurie des Baux de Provence. Cassis is in die 15de eeu aan die grawe van Provence en later aan die biskoppe van Marseille afgestaan, wat die gebied tot by die Franse Rewolusie in 1789 regeer.

Tydens die 18de eeu begin Cassis oorkant die stadsmuur van die castrum en ringsom die hawe uitbrei. Ná die tydperk van die Restorasie begin nywerhede soos visverwerking, tekstiele, olyfolie, koralleverwerking en wynbou hulle in Cassis vestig. 'n Baie belangrike rol speel die ontginning van die plaaslike natuurstene. Die steengroewe van Cassis lewer onder meer sement en kalksteen op. Die sogenaamde Cassissteen, wat al in die antieke tydperk ontgin is, maak die dorp wêreldwyd bekend. Die stene vir 'n groot aantal hawehowe in die Middellandse See-gebied, soos Alexandrië, Algiers, Piraeus, Marseille en Port Saïd, kom van Cassis af. Selfs die basis vir die groot vryheidsbeeld in New York Stad, wat deur Frankryk aan die Verenigde State geskenk is, is van Cassis se steen gemaak.

Teen die begin van die 20ste eeu begin hierdie tradisonele nywerhede geleidelik verdwyn, terwyl die wynbou en toerisme al hoe belangriker geword het. Cassis is een van die eerste drie wingerde in Frankryk, wat sedert die jaar 1936 die AOC-etiket vir wyne van oorsprong verkry het.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -