See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Bulawayo - Wikipedia

Bulawayo

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die standbeeld van Cecil John Rhodes in ongeveer 1925 afgeneem
Die standbeeld van Cecil John Rhodes in ongeveer 1925 afgeneem

Bulawayo is met 'n geraamde bevolking in 2007 van 713 340 Zimbabwe se tweede grootste stad naas Harare en die hoofstad van die gelyknamige provinsie, hoewel dit vir alle praktiese doeleindes eitlik die hoofstad van Matabeleland is. Dit is die vernaamste nywerheidstad in die land.

Die stad is op sy huidige perseel in 1894 aangelê, maar sy geskiedenis kan teruggevoer word tot 1868 toe daar 'n hewige stryd gevoer is oor wie die opvolger van koning Silkaats moes wees. Sy seun Lobengula het uiteindelik die nuwe koning van die Matabele geword en in 1872 het hy sy nuwe hoofstad, kwaBulawayo ("plek van die vervolgde man"), gestig.

Bulawayo is op die sentrale hoogland in Zimbabwe aangelê, 1 359 meter bo seespieël in 'n gebied wat sonnig en warm in die somer is en koel in die winter. Die reënval is hoofsaaklik tot die somer beperk en geweldadige donderstorms kom gereeld voor.

Op 1 November 1893 is die Matabele deur die aankomende leër van die British South Africa Company verslaan. Lobengula het gevlug na die noorde en sy hoofstad is aan die brand gesteek en het so byna geheel en al uitgebrand. Die blanke stigters van die stad het gehoop dit sou eendag vir Johannesbug in grootte kon ewenaar, omdat daar gerugte was van ontsaglike goudvelde in die nabyheid. So het fortuinsoekers hierheen gestroom.

Ná opstande deur die Shona en Matabele onderdruk is, het die dorp vooruitgang begin maak. Die spoorlyn vanaf Suid-Afrika het die dorp op 19 Oktober 1897 bereik en het van daar noordwaarts aangehou tot by die Victoria-waterval en Harare, toe Salisbury. Stadstatus is in 1943 aan Bulawayo verleen.

[wysig] NG gemeente

Bulawayo se NG gemeente is op 6 September 1895 gestig deur ds. P.A. Strasheim, wat as afgevaardigde van die Kaapse Kerk op koste van Cecil John Rhodes oor Beira hierheen gereis het. Bulawayo-Noord is in 1952 van die moedergemeente afgestig, maar ná onafhanklikheid het die lidmaattal in so 'n mate gedaal dat dit weer ingelyf is. In 2007 was hier net 123 lidmate oor en was die gemeente ook vakant. Die enigste Afrikaansmediumskool in die destydse Rhodesië, Excelsiorskool, het hier aan die einde van 1977 gesluit. Dit het onder die beskerming van die Nederduitse Gereformeerde Kerk se destydse Sinode van Midde-Afrika gestaan.

[wysig] Bronne

  • Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.
  • Olivier, ds. P.J., Ons gemeentelike feesalbum, N.G. Kerk-uitgewers, Kaapstad en Pretoria, 1952.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -