BEN-G
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Ben-G is 'n opkomende Afrikaanse Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Sy liedjies "O-AH Bokka" en "Song vir jou" het al op verskeie topposisies gekom by Suid-Afrikaanse gemeenskapsradiostasies.[verwysing benodig]
Ben-G was die eerste Afrikaanse kunstenaar na wie verwys is as die "Tech Rock Koning" in Suid-Afrika. 'n Mediaverteenwoordiger by 'n kunstefees in Kimberley het aan hom hierdie beskrywing toegevoeg, omdat dit die eerste keer was dat die Techno- en Rock-genres vermeng is tot een.[verwysing benodig]
Ben-G het die voorreg gehad om die eerste Afrikaanse sanger te wees wie se Afrikaanse musiek op 'n Engelse Radiostasie in Londen gehoor kon word, en as gevolg daarvan ook uitgenooi is om in Londen te gaan optree.[verwysing benodig]