See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Bamako - Wikipedia

Bamako

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Uitsig oor Bamako
Uitsig oor Bamako

Bamako, bevolking ongeveer 1 500 000 (2004), is die hoofstad van Mali. Dit is geleē op die Nigerrivier, in die suidwestelike deel van die land. Bamako is die land se administratiewe sentrum, sowel as 'n rivierhawe en belangrike streekshandelsentrum. Vervaardigers sluit in tekstiel, verwerkte vleis, en metaal goedere. Daar vind kommersiēle vissery op die Nigerrivier plaas. Bamako is geleē by 12°39' Noord, 8° Wes (12.65, -8.0). [1]

Die stadsgebied is kontinu bewoon sedert die Palaeolitiek, maar volgens legende is Bamako in die 17de eeu deur Seribadian Niaré en Soumba Coulibaly, of Bamba Sanago gestig, voor die hoofmanskap na Diaoussadian Niaré oorgegaan het. Die stad was 'n belangrike markdorp en 'n leidende sentrum van Moslemstudie in die Mali-Ryk, maar teen die 19de eeu het dit agteruit gegaan. In 1883 is die omgewing deur Franse troepe beset, en in 1908 word Bamako die hoofstad van Frans-Soedan. Die stad se bevolking het vinnig gegroei; in 1960 was Bamako se bevolking ongeveer 160 000.

Noemenswaardige landmerke in Bamako sluit die Nasionale Biblioteek van Mali, Tour BCEAO, Bamako Grand Mosque en die Pont du Roi Fahd in. Dit is die tuiste van Mali se grootste internasionale lughawe, sowel as die Dakar-Niger Spporlyn, na Koulikoro in oostelike Mali en Dakar in Senegal. Aantrekkings sluit in die Mali Nasionale Museum, die Muso Kunda Museum, die Bamako Streeksmuseum, Bamako Dieretuin, die Bamako Botaniesetuin en die Point G heuwel, wat grotte met rotstekeninge bevat. Bamako tree sedert 1994 op as gasheer vir die twee-jaarlikse fotografie fees, African Photography Encounters.

In 1988 was Bamako die gasheer vir 'n WHO kongres bekend as die Bamako Initiative wat gehelp het om gesondheidsbeleid in Afrika suid van die Sahare te hervorm.



[wysig] Quartiers

Sotrumas in Bamako.
Sotrumas in Bamako.
  • Hippodrome.
  • Korofina.
  • Badalabougou.
  • Bamako Coura.
  • Djicoroni.
  • Baco Djicoroni (= behind the river).
  • Missira.
  • Médina Coura.
  • Bankoni.
  • Magnambougou.

[wysig] Eksterne skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -