See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Alix - Wikipedia

Alix

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Alix, geteken deur die Fransgebore Belgiese kunstenaar Jacques Martin, is een van die bekendste Frans-Belgiese reekse van strokiesverhale, wat in die jaar 1948 vir die eerste keer onder die titel Alix, l'intrépide ("Alix, die dappere") in die Journal de Tintin verskyn het. Die strokiesprente behandel die avonture van Alix, die seun van 'n Galliese stamhoof en aangenome seun van 'n Romeinse adellike, en sy metgesel Énak in die tydperk van Gaius Julius Caesar. In opdrag van sy beskermheer Caesar reis Alix na die verste hoeke van die Romeinse Ryk, waar hy baiemaal groot gevare trotseer. Die hoofsaaklike tonele is Rome, Gallië, Mesopotamië, Afrika en Klein-Asië. Die tekenstyl van Alix baseer net soos "Die avonture van Kuifie" op die ligne claire en strewe daarna om 'n outentieke indruk van die antieke wêreld te gee.

Sedert 1998 word die Alix-strokiesprente deur Rafael Moralès en sy medewerker Marc Henniquiau geteken, terwyl Jacques Martin nog steeds die verhale skryf.

Die album-reeks Les Voyages d'Alix ("Die reise van Alix") behandel die geografiese en historiese agtergronde van die antieke tydperk en is deur die Alix-strokiesprente geïnspireer.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -