See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Adélieland - Wikipedia

Adélieland

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Hierdie artikel handel oor die Antarktiese kusgebied. Vir die artikel oor die Franse kolonie, sien asb. France Antarctique.

Adélieland is die gedeelte van die Antarktiese kus tussen Pourquoi Pas Punt by 66°12′S, 136°11′O en Aldenpunt by 66°48′S, 142°02′O, met 'n kuslengte van 350 km en met die binneland daarvan wat as 'n sektor omtrent 2600 km in die rigting van die Suidpool strek. Dit is een van vier distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede. Aangesien die grondgebied geheel en al Suid van die 60° Breedtegraad is, is die affiliasie met die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in terme van die Antarktiese Verdrag opgeskort. Die grond gebied, meestal deur ys bedek, word as 432 000 km2 groot geskat.

Sedert 12 Januarie 1956 is daar 'n permanent bemande Franse navorsingsbasis, Dumont d'Urville Station, met 'n winterbevolking van 33, wat tot 78 styg in die Antarktiese somer. Die eerste Franse stasie, Port Martin, is op 9 April 1950 by 66°49′S, 141°23′O, opgerig maar is op 21 Januarie 1952 deur 'n brand vernietig. Frankryk het ook 'n binnelandse stasie op die Antarktiese ysplaat, 300 km van die kus en van Dumont d'Urville Stasie, op 'n hoogte van 2400 meter, Charcotstasie by 69°22′S, 139°01′O, van Januarie 1957 tot 1960 gehad wat slegs drie mense gehuisves het.

Adélieland grens aan die Australiese Antarktiese Gebied beide Wes en Oos, naamlik op Claireland (deel van Wilkesland) in die Weste, en George V Land in die Ooste.

Die kus is in 1837 deur die Franse ontdekkingsreisiger Jules Sébastien César Dumont d'Urville, wat dit na sy vrou , Adélie, vernoem het, ontdek.

[wysig] Kyk ook

  • Lys van plekke vernoem na mense

[wysig] Eksterne skakel


 
Antarktiese gebiedsaansprake

Adélieland
Argentyns-Antarktika
Australies-Antarktiese Gebied
Brits-Antarktiese Gebied

Chileens-Antarktika

Ross-Afhanklikheid
Koningin Maudland · Peter I-Eiland
Voormalige aanspraak: Nieu-Swabië  (1939–1945)

Distrikte van die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede Vlag van Frankryk

Amsterdameiland/Sint-Paul - Crozeteilande - Kergueleneilande - Adélieland


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -