Tuisblad
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
Artikel van die weekHamlet is 'n treurspel deur William Shakespeare wat waarskynlik tussen 1599 en 1601 geskryf is. Die toneelstuk speel in Denemarke af en vertel hoe prins Hamlet wraak neem op sy oom, Claudius, wat Hamlet se vader vermoor, met sy moeder getrou en die troon oorgeneem het. Hamlet bevat 'n intensiewe kartering van die loop van egte en geveinsde kranksinnigheid, van oorweldigende smart tot briesende woede, en verken temas soos verraad, wraak, bloedskande en morele korrupsie. Hamlet is verreweg Shakespeare se langste toneelstuk en word gereken as een van die geweldigste en invloedrykste treurspelle in die Engelse taal. Het u geweet...... dat die eerste wêreldrekord deur 'n Suid-Afrikaner in 1883 deur die verspringer Izak Prinsloo op Kerkplein in Pretoria opgestel is? ... dat die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad, wat tussen 1666 en 1679 deur die VOC gebou is, die oudste gebou in Suid-Afrika is? |
Aktueel
Hierdie dag in die geskiedenis
|
Beeld van die weekDie 2004-Indiese Oseaan-tsoenami tref die klein kusdorpie, Ao Nang, in Thailand. Dié tsoenami is deur 'n aardbewing veroorsaak, maar tsoenami's kan ook die gevolg wees van aard- of grondverskuiwings, vulkaniese uitbarstings, ontploffings en die impak van buiteaardse liggame soos meteoriete. Foto-erkenning: David Rydevik Dié beeld is afkomstig van die Wikimedia Commons: 'n gedeelde versameling van naastenby 2 miljoen medialêers wat vryelik en gratis gebruik kan word. Kliek gerus op die beeld vir meer inligting en 'n groter weergawe. |