Wiel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
- Vir die tydskrif Wiel, sien Wiel (tydskrif).
'n Wiel is 'n ronde toestel wat die vermoë het om om 'n as te draai en sodoende beweging, vervoer of die verrigting van arbeid deur masjiene moontlik maak. 'n Wiel saam met 'n as oorkom wrywing deur rolbeweging moontlik te maak. Vir 'n wiel om te draai moet 'n draaimoment op die wiel se as uitgeoefen word, hetsy deur swaartekrag of deur een of ander eksterne krag. Algemene voorbeelde kan in vervoertoepassings waargeneem word. Die term kan ook vir ander ronde voorwerpe gebruik word, soos in die geval van 'n skeepswiel en 'n vliegwiel.
[wysig] Geskiedenis van die wiel
Die wiel is waarskynlik vir die eerste keer in antieke Mesopotamië in die 4de millenium v.C. gebruik. Die wiel het antieke Indië deur middel van die Indusvallei beskawing in die 3de millenium v.C. bereik. Aan die noordelike Koukasus is verskeie grafte ontdek waar mense sedert 3700 v.C. op waens en karre begrawe is. Die vroegste uitbeelding van 'n vaartuig met wiele is op die Bronocice pot (kleipot) circa 3 500 jaar v.C. gevind in die suide van Pole.[1]
Die wiel het Europa en Indië in die 4de millenium v.C. bereik.
[wysig] Verwysings en voetnotas
- ^ http://www.neolit.prv.pl Waza z Bronocic (Pools)]