Welwitschia
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Welwitschia
{{{status}}}
Tydperk: {{{fossil_range}}}
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Die grootste bekende Welwitschia is 1,4 m lank en meer as 4 m breed.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
[[{{{diversity_link}}}|Verskeidenheid]] | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{diversity}}} | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Welwitschia mirabilis Joseph Dalton Hooker |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Trinomiale naam | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{trinomial}}} |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Tipe Spesies | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{type_species}}} |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{subdivision_ranks}}} | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{subdivision}}} | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Die verspreiding van die Welwitschia mirabilis. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
{{{synonyms}}} |
Die Welwitschia mirabilis is 'n besonderse plant wat voorkom in die kusstreke van Angola en Namibië. Dit is die enigste plant in die genus, Welwitschia en daar word ook soms só na die plant verwys. Die genus is ook die enigste in die familie Welwitschiaceae en die kenmerkende plant is bekend vir sy gemiddelde leeftyd van 500 tot 600 jaar. Die plant word ook deur baie as 'n lewende fossiel beskou.[1]
Inhoud |
[wysig] Naam en ontdekking
Die plant is vernoem na Dr. Friedrich Welwitsch, wat die plant in 1860 ontdek het. Dr. Welwitsch was 'n Oostenrykse botanis en ontdekkingsreisiger wat in verskeie lande gewerk het. Hy het die plant ontdek toe hy na die Portugese regering na Angola gestuur was (toe nog 'n Portugese kolonie).
Na Dr. Welwitsch die plant aan die wetenskaplike gemeenskap voorgestel het, het Charles Darwin daarna verwys as die "eendbekdier van die planteryk".[2]
In Afrikaans word daar soms na die plant verwys as die "tweeblaarkanniedood".[3]
[wysig] Verspreiding
Die plant is 'n bewoner van die Namib-woestyn, maar kom ook voor in ander kus-agtige gebiede van Namibië en Angola. Die Welwitschia se habitat begin in die noorde by die Nicolau-rivier (in Angola) en strek ongeveer 1200km na onder tot by die Kuiseb-rivier naby Gobabeb (in Namibië). Hulle word egter nie direk langs die kus aangetref nie.
In sommige gebiede van Sentraal-Namibië is die Welwitschia die dominante plant. Die plantsoort bereik sy hoogste digtheid ongeveer 50 tot 60km vanaf die kus.
[wysig] Voorkoms
Die plant het slegs twee blare, alhoewel dié gou skeur om die illusie van meerdere blare te skep. Beide blare is geheg aan 'n kort stam. Die plant groei uiters stadig: die gekombineerde reënval van 1 tot 100mm per jaar plus die kondensasie van mis wat gelyk is aan 50mm per jaar, is onvoldoende vir die plant se oorlewing en die ekstra water word verkry uit ondergrondse waterbronne en strome.
Die gemiddelde plant word tussen 500 en 600 jaar oud, alhoewel daar sommige plante is wat ongeveer 2000 jaar oud is.
[wysig] Verwysings
- ^ A. Lewington & E. Parker (1999). Ancient Trees: Trees that Live for a Thousand Years. Collins & Brown Ltd.. ISBN 1-85585-704-9.
- ^ Welwitschia - oerplant van die Namib-gruisaflope. Wild & Jag. Maart 2007. Laaste besoek op 15 Julie 2007.
- ^ WEG! Doendinge in Namibië. Laaste besoek op 25 Julie 2007.