See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ville-Marie (Montreal) - Wikipedia

Ville-Marie (Montreal)

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Tipiese straat in Vieux-Montréal, Augustus 2005
'n Tipiese straat in Vieux-Montréal, Augustus 2005
'n Uitsig oor Ville-Marie
'n Uitsig oor Ville-Marie

Ville-Marie is 'n arrondissement (stadswyk) van Montreal (Quebec, Kanada) met 'n oppervlak van 14,49 vierkante kilometer en 75 880 inwoners. Ville-Marie behels die middestad van Montreal en is gevolglik een van sy besigste kwartiere. Sy argitektuur word gekenmerk deur historiese huise en kerkgeboue, restourante en kafees, die winkels van rue Sainte-Cathérine en die wolkekrabbers van die sakesentrum.

[wysig] Ligging

Ville-Marie behels naas die middestad van Montreal ook die Centre-Sud-gebied, die grootste deel van die Mont Royal-park en die eilande Île Sainte-Hélène en Île Notre-Dame.

Ville-Marie word in die weste begrens deur die stad Westmount en die arrondissements Le Sud-Ouest in die suidweste, Mercier-Hochelaga-Maisonneuve in die ooste, Le Plateau-Mont-Royal in die noordooste, en Outremont en Côte-des-Neiges-Notre-Dame-de-Grâce in die noorde. Die Sint-Laurensrivier vorm die suidelike grens.

[wysig] Besienswaardighede

Ville-Marie behels baie van Montreal se mees bekende besienswaardighede en wolkekrabbers, waaronder 1000 de La Gauchetière, 1250 René-Lévesque, die Tour de la Bourse, Place Ville-Marie, die Sun Life-gebou, die Maison Radio-Canada en talle ander kantoorgeboue.

Ook drie van Montréal se vier universiteite - McGill, Concordia en UQAM - en drie van sy vier basilieke - Marie Reine du Monde, Notre-Dame de Montréal en St. Patrick's lê in Ville-Marie. Die Grande Bibliothéque du Québec is een van die meer onlangse geboue, wat hier opgerig is, terwyl die nuwe CHUM-megahospitaal tans beplan word.

Die belangrikste parke en ontspanningsgebiede is Mont-Royal en sy park, die Parc Jean-Drapeau (die voormalige skouterrein van die Expo 67-wêreldtentoonstelling), Square Dorchester en die Place du Canada, en die Ou Hawe (Vieux-Port de Montréal).


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -