See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Tale in Suid-Afrika - Wikipedia

Tale in Suid-Afrika

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is elf amptelike tale en ander nie-amptelikes. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die tweede meeste amptelike tale (na Indië). Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorspong, die ander nege vorm deel van die Bantoetaalfamilie.

[wysig] Amptelike tale

Daar word voorsiening gemaak in die Grondwet van Suid-Afrika vir die bevordering van die Khoi, Nama en San tale asook vir gebaretaal. Ander nie-amptelike tale sluit in: Fanagalo, Lobedu, Noord-Ndebele en Phuthi. Ander Europese tale, veral Duits en Portugees, word ook wyd gebruik deur immigrante uit Europa. Portugees en Frans word ook gebruik deur immigrante uit oud-kolonies in Afrika.

[wysig] Oorspronge

Die tale kan verdeel word volgens oorsprong as volg:

  • Afrikaans ontstaan hoofsaaklik vanuit Nederlands
  • Suid-Afrikaanse Engels stem nouliks ooreen met Britse Engels
  • Zoeloe, Xhosa, Ndebele, en Swazi vorm deel van die Nguni-taalfamilie.
  • Sotho, Tswana en Noord-Sotho vorm deel van die Sotho-taalfamilie.
  • Tsonga en Venda behoort ook tot die Bantoetaalfamilie (soos die Nguni- en Sotho-tale), maar toon minder ooreenkomste met die ander amptelike Bantoetale.

[wysig] Verspreiding

'n Kaart wat die Suid-Afrikaanse munisipaliteite aandui volgens meerderheidstale. Ligter skakerings dui op 'n meerderheidlose verskeidenheid.     Afrikaans         Noord-Sotho       Suid-Sotho        Swazi              Tsonga             Tswana            Venda             Xhosa             Zoeloe
'n Kaart wat die Suid-Afrikaanse munisipaliteite aandui volgens meerderheidstale. Ligter skakerings dui op 'n meerderheidlose verskeidenheid.

    Afrikaans

    Noord-Sotho

    Suid-Sotho

    Swazi

    Tsonga

    Tswana

    Venda

    Xhosa

    Zoeloe

Die tale kan losweg volgens streke verdeel word. Die tale word egter toenemed reg oor die land aangetref, veral in stedelike gebiede.

  • Afrikaans word oor feitlik die hele land gebruik (met minder gebruik in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap en party stedelike gebiede).
  • Engels word baie algemeen gebruik (veral as tweede taal en vir onderrig onder swartes), maar het veral minder moedertaalsprekers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, die Vrystaat, Noordwes, en meeste landelike gebiede.
  • Zoeloe word veral in KwaZulu-Natal en Gauteng gebruik.
  • Xhosa word veral in die Oos- en Wes-Kaap gebruik.
  • Sotho word veral in die Vrystaat en naburige Lesotho gebruik.
  • Tswana word veral in die Noordwes en naburige Botswana gebruik.
  • Noord-Sotho word veral in Gauteng en Limpopo gebruik.
  • Swazi word hoofsaaklik in Mpumalanga en naburige Swaziland gebruik.
  • Tsonga word hoofsaaklik in Limpopo gebruik.
  • Venda word hoofsaaklik in die Vhembe distrik van Limpopo gebruik.
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -