See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum - Wikipedia

Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum
Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum (Engels: South African National Gallery) is die nasionale kunsmuseum van Suid-Afrika wat in Kaapstad geleë is. Die museum se versameling is in 1872 met die skenking van Sir Thomas Butterworth se persoonlike galery begin.[1]

Die hoofgebou wat deur Clelland & Mullins en F K Kendall ontwerp is, is in 1930 voltooi. Die bouwerk is befonds deur die Unie van Suid-Afrikaregering, die stadsraad van Kaapstad en die Hyman Liberman Nalatingskap. Verskeie verbeteringe is sedertdien aangebring soos byvoorbeeld die klimaatbeheer en verbeterde beligting wat in 1991 aangebring is.[1]

Verskeie ander kunsbeskermers het oor die jare bydraes aan die museum gemaak. Eeen avn die belangrikste skenking is die meer as 400 items insluitend skilderye, afdrukke en tekeninge wat deel vorm van die Sir Abe Bailey Skenking. Die skenking deur die Suid-Afrikaanse mynmagnaat, politikus en finansier verteenwoordig een van die grootste Britse sportkuns versamelings wat deur enige openbare museum ter wêreld gehou word. Die Sir Abe Bailey Trust het ook by die instandhouding van die museum betrokke gebly en in die onlangse verlede aansienlike bydraes gemaak tot die bewaring van die versameling.[2]

Vandag sluit die museum se permanente versameling hoë gehalte voorbeelde van Suid-Afrikaanse, Nederlandse, Vlaamse, Franse en Britse werke in. Verskeie 20ste eeuse kunstenaars word verteenwoordig insluitend lede van die New English Art Club en die Bloomsbury Groep. 'n Aantal werke van belangrike kunstenaars soos John Walker, Michael Porter, Gary Wragg, Alan Davie en Ronald Kitaj is in die 1980's aangekoop. Gebrek aan befondsing en die hoë pryse van Westrse kuns het die uitbrei van hierdie versamelings egter beperk. Die museum spits hom die afgelope aantal jare eerder op die aankoop van eietydse Suid-Afrikaanse kuns aan. Sedert die 1990s het die galery 'n poging aangewend om 'n versameling te vestig wat die kuns van Afrika en veral suider-Afrika vier. Die galery huisves 'n dan ook gesaghebbende versameling van Afrika beeldhouwerk en kralewerk. Die museum is ook betrokke by die repatriasie van voorwerpe wat oor die afgelope 200 jaar uit die land gevoer is.[3]

Uitstallings van werke uit die permanente versameling word gereeld afgewissel. Tydelike uitsallings van skilderye, werk op papier, fotografie, nuww media, beeldhouwerk, kralewerk en tekstiel word gereeld aangebied. Die uitstallings is daarop gemik om insae te lewer in die estetiese produksie in Suid-Afrika, Afrika en elders.[1] Belangrike tydelike uitstalling wat reeds deur die museum gehou is sluit die van William Kentridge (William Kentridge Retrospective), Moshekwa Langa (Fresh), Jane Alexander (Butcher Boys), Wim Botha, Cecil Skotnes (Cecil Skotnes Retrospective), Santu Mofokeng (Invoice), Gerard Sekoto (From the Paris Studio), Marlene Dumas (Intimate Relations) en Picasso and Africa.[4][5][6]


[wysig] Verwysings

  1. ^ 1,0 1,1 1,2 iziko, about the s.a. national gallery, Besoek op 17 Desember 2007
  2. ^ iziko, abe bailey bequest, Besoek op 17 Desember 2007
  3. ^ iziko, permanent collections, Besoek op 17 Desember 2007
  4. ^ iziko, past exhibitions, Besoek op 17 Desember 2007
  5. ^ iziko, recent exhibitions, Besoek op 17 Desember 2007
  6. ^ iziko, current exhibitions, Besoek op 17 Desember 2007



aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -