See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Somerset-Wes - Wikipedia

Somerset-Wes

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

'n Vroeë skildery van Somerset-Wes
'n Vroeë skildery van Somerset-Wes

Somerset-Wes is 'n aantreklike dorp in Suidwes-Kaap binne die munisipale gebied van die stad Kaapstad in die gebied Helderberg geleë, sowat 45 km suidoos van Kaapstad. Dit is een van die rykste en snelgoeiendste dorpe in die land en die tuiste van 'n groot Duitse, Engelse, Nederlandse sowel as oud-Namibiese bevolking, vandaar die bynaam "Sommer Suidwes". Die bevolking het na raming die afgelope sowat 15 jaar verdubbel, terwyl die sakekern van die dorp uit die hoofstraat na die omgewing van die winkelkompleks Somerset Mall verskuif het, wat die sakekern van die hele Helderberg-kom (Somerset-Wes, die Strand en Gordonsbaai) geword het.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die dorp is in 1822 gestig en na goewerneur lord Charles Somerset (1763 - 1831), goewerneur van die Kaapkolonie van 1814 tot 1826, vernoem. Dit was tot en met die huidige bedeling die oudste munisipaliteit nadat dit dié status in Januarie 1822 verkry het.

Die opgetekende geskiedenis strek egter verder terug, wat dit is die eerste keer in 1657 deur Europeërs besoek. Hulle het 'n klein Hottentot-stam teëgekom wie se skape in die vallei gewei het. DIe Europese besoekers het die gebied half as 'n grap en half uit nostalgie na hulle vaderland Hottentots-Holland genoem. Vir omtrent R1 500 se handelsware het hulle hul "Holland" aan die Europeërs verkoop en met hulle skaaptroppe weggedwaal.

Pragtige plase is in die kom aangelê. Parelvallei en Vergelegen was die tuiste van twee van die seuns van goewerneur Simon van der Stel. Een van die seuns, Wilhelm, het sy pa as goewerneur opgevolg, maar het baie van sy tyd gewy aan die uitbouing van sy plaas en die versameling van sy persoonlike skatte sodat hy aangekla is daarvan dat hy sy plig afgeskeep het. Die Van der Stel-seuns is uit die Kaap verdryf en hulle plase is opverdeel. 'n Gemeenskap boere het die broers se plek ingeneem en vandag nog is daar wingerde, plantasies, groentelande en weiding in die kom.

[wysig] NG gemeente

In 1819 is 'n wyk van die gemeente Stellenbosch tot 'n afsonderlike gemeente met die naam Hottentots-Holland afgestig. Die naam is later verander na Somerset, maar in 1844 noem die ringskriba die gemeente nog Somerset, Hottentotsholland (sic).

'n Aantal invloedryke mense het reeds in 1818 die plaas Cloetenburg gekoop en met die oprigting van 'n kerkgebou begin. In 1819 is die gebou deur die konsulent, ds. M. Borcherds van Stellenbosch, ingewy. In dieselfde jaar het 'n oorstroming groot skade an die kerkgebou en pastorie aangerig. Die gemeente was klein en arm, maar met die hulp van D.J. van Ryneveld, landdros van Stellenbosch, kon die gemeente die regering oorreed om 'n predikant aan te stel en te salarieer. Die eerste predikant, ds. Johannes Spyker, is in 1823 hier bevestig.

Die gemeente Hottentots-Holland is in 1976 van die moedergemeente afgestig. Die belydende lidmate van daardie gemeente het in 1990 1 152 getel en in 2007 1 272. Die moedergemeente groei nie meer nie. Die belydende lidmate het in 1990 1 684 getel en in 2007 1 118. Die NG gemeente Helderberg (1969) omvat egter die snelgroeiendste dele van die dorp en is 'n sogenaamde makrogemeente met 2 435 belydende lidmate in 1990 en 3 831 in 2007, die grootste in die Wes-Kaap naas Stellenberg se 4 028 en Vredelust, Bellville se 3 990 belydende lidmate.

[wysig] Opvoeding

Die Hoërskool Parelvallei het in 2007 1 155 leerders gehad met ietwat meer Engelse as Afrikaanse leerders. Die Hoërskool Hottentots-Holland, tussen Somerset-Wes en die Strand geleë, het in 2007 965 leerders gehad, waarvan sowat driekwart Engels was. Die grootste skool op die dorp was in 2007 Gordon Sekondêre Skool wat hoofsaaklik die bruin gemeenskap bedien en 1 315 leerders gehad het waarvan die meeste in Afrikaanse klasse was. Daar was in 2007 sowat 30 skole op die dorp, van privaat en staatskleuterskole tot talryke laerskole (waarvan drie groot voormalige Model C-laerskole met altesaam sowat 2700 leerders) en 'n aantal privaat skole.

[wysig] Bronne

  • Olivier, ds. P.J., Ons gemeentelike feesalbum, N.G. Kerk-uitgewers, Kaapstad en Pretoria, 1952.
  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Mayhew, Vic (red.), Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -