See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Ryk Tulbagh - Wikipedia

Ryk Tulbagh

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Ryk Tulbagh (14 Mei 1699, Utrecht, Nederland - 11 Augustus 1771, Kaapstad) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 27 Februarie 1751 tot 11 Augustus 1771.

Ryk Tulbagh was die oudste seun van Dirk Tulbagh en Catharina Cattepoel. Dirk Tulbagh was in diens van die State-Generaal in Utrect maar is in 1704 na Bergen op Zoom verplaas. Ryk Tulbagh het sy opleiding daar ontvang en op sestienjarige ouderdom in Dordrecht voltooi. Terwyl hy steeds slegs sestien jaar oud was is hy in 1715 deur die VOC in diens geneem en op die skip Terhorst na die Kaapkolonie gestuur vir 'n vyf jaar kontrak waarvolgens hy aangewend kon word waarvoor ook al die kompanjie hom sou benodig. Goewerneur De Chavonnes het die jong man se vermoë raakgesien en hom bevorder tot assistentklerk van die Sekretaris van die Politieke Raad waarmee hy sy loopbaan as administratiewe amptenaar begin het. Tulbagh het snelle opgang gemaak en sy swaer Hendrik Swellengrebel as hoofklerk van die Politieke Raad opgevolg. In April 1739 het hy Sekunde en Senior Handelaar geword en in het hy Hendrik Swellengrebel in 1751 as Goewerneur opgevolg, 'n pos wat hy vir 20 jaar tot met sy afsterwe in 1771 sou beklee. [1][2][3]

Ryk Tulbagh is op 26 Augustus 1725 met Elisabeth Swellengrebel, die suster van Hendrik Swellengrebel getroud[4].

Tulbagh word onder andere onthou vir sy aanpassing van die sogenaamde weeldewette uit Batavia wat daarop gemik was om oordadigheid (Prag en Praal) onder die amptenary te beperk. Sy wet van 1755 het bepaal dat slegs die goewerneur sy koets met 'n wapenskild mag versier en dat slegs hy en lede van de Politieke Raad hulle koetsiers in livrei mag geklee het. Laer amptenare en hulle vrouens is verbied om sambrele te dra. Vroue mag ook nie mantels gedra het wat met sy of fluweel geborduurd was nie. Die toenmalige mode van japonne met 'n sleep is verbied en alle oorbodige vertoon by begrafnisse moes vermei word. [5]

Tulbagh was ook verantwoordelik vir die kodifisering van die slawewette van die kolonie in die sogenaamde Tulbagh Kode wat in 1754 gepubliseer is. Die Tulbagh Kode was 'n stel reëls oor die beheer van slawe in die Kaap.

Ryk Tulbagh het met die bekende botanikus Carolus Linnaeus gekorrespondeer en in 1763 meer as 200 plantmonsters, verskeie goed bewaarde voëls, 'n versameling bolle en 50 sade gestuur.[6]

Tulbagh het heelwat gedoen om die gevolge van die pokke-epidemieë van 1755 en 1767 te temper. Uit waardering vir sy welwillendheid het hy onder die Kaapse bevolking die erenaam Vader Tulbagh gekry.

Tulbagh was 'n gewilde goewerneur en het die eretitel "Vader Tulbagh" verwerf.

Die Wes-Kaapse dorp Tulbagh en die plant genus Tulbaghia, wilde knoffel,[7] is na Ryk Tulbagh vernoem.

Vooraf gegaan deur:
Hendrik Swellengrebel
Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop
27 Februarie 175111 Augustus 1771
Opgevolg deur:
Joachim van Plettenberg


[wysig] Verwysings

  1. ^ A.L.A. van Loon, Ryk Tulbagh - Een Bergenaar die gouverneur van de Kaap werd, De Waterschans nr. 4 2001
  2. ^ A History of South Africa deur Dorothea Fairbridge,Gepubliseer in 2001, Simon Publications LLC, ISBN:1931541000
  3. ^ Stof Af die Solder, Ryk Tulbagh Aanvaar Sy Nuwe Pligte As Goewerneur - Kasteel Die Goeie Hoop - 15 April 1751, besoek op 26 April 2008
  4. ^ Johannes Swellengrebel, Besoek op 1 maart 2007
  5. ^ Huis der Nederlanden Nieuwsbrief jaargang 5 nummer 1 januari 2003, besoek op 1 Maart 2007
  6. ^ Carl Linnaeus aan Ryk Tulbagh, 30 Junie 1764, The Linnaean correspondence, linnaeus.c18.net, brief L3514 (geraadpleeg 26 April 2008)
  7. ^ PlantZAfrica.com , Tulbaghia violacea, Besoek op 26 April 2008
Ander tale


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -