See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Roek - Wikipedia

Roek

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Roek
{{{status}}}
Tydperk: {{{fossil_range}}}

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: {{{domain}}}
Superkoninkryk: {{{superregnum}}}
Koninkryk: Animalia
Subkoninkryk: {{{subregnum}}}
Superdivisie: {{{superdivisio}}}
Superphylum: {{{superphylum}}}
Divisie: {{{divisio}}}
Phylum: Chordata
Subdivisie: {{{subdivisio}}}
Subphylum: {{{subphylum}}}
Infraphylum: {{{infraphylum}}}
Mikrophylum: {{{microphylum}}}
Nanophylum: {{{nanophylum}}}
Superklas: {{{superclassis}}}
Klas: Aves
Subklas: {{{subclassis}}}
Infraklas: {{{infraclassis}}}
Superorde: {{{superordo}}}
Orde: Passeriformes
Suborde: {{{subordo}}}
Infraorder: {{{infraordo}}}
Superfamilie: {{{superfamilia}}}
Familie: Corvidae
Subfamilie: {{{subfamilia}}}
Superstam: {{{supertribus}}}
Stam: {{{tribus}}}
Substam: {{{subtribus}}}
Genus: Corvus
Subgenus: {{{subgenus}}}
Seksie: {{{sectio}}}
Reeks: {{{series}}}
Spesie: C. frugilegus
Subspesie: {{{subspecies}}}
[[{{{diversity_link}}}|Verskeidenheid]]
{{{diversity}}}
Binomiale naam
Corvus frugilegus
Linnaeus, 1758
Trinomiale naam
{{{trinomial}}}
Tipe Spesies
{{{type_species}}}
{{{subdivision_ranks}}}
{{{subdivision}}}
Roek verspreiding
Roek verspreiding
Sinonieme
{{{synonyms}}}

Die roek (Corvus frugilegus) is 'n groot sangvoël en behoort aan die familie van die kraaiagtiges.

Inhoud

[wysig] Uiterlik

Die roek is byna net so groot soos 'n kraai, omtrent 46 cm lank. Sy veredos is swart met 'n blouerige metaalglans. Sy snawel is ook swart, ietwat na onder gebuig en is slanker as dié van die kraai. Soos die voël ouer word, word sy snawelbasis kaal en word die onderliggende grys vel sigbaar. Die bo-bene is, anders as by kraaie, met swart vere bedek. Hierdie 'broek' maak ook jong roeke (jonger as agt maande), wat nog geen ligte snawelbasis het nie, in die veld herkenbaar. Beide geslagte is eenders geveerd en ewe groot. Die vlug van die roek kan van die kraai s’n onderskei word deur 'n ietwat langer en dieper ingesnede vlerkslag die vlug maak 'n (ietwat geriefliker indruk), die vlerkslag is ietwat vinniger. Die roek kan luidrugtig wees en beskik oor 'n groot aantal geluide, waarvan sommige 'n sterk ooreenkoms het met dié van die kraai.

[wysig] Lewenswyse

Roeke leef in kolonies, in neste wat dig bymekaar in 'n paar boomtoppe gebou word; hierdie kolonies kan baie groot word.

[wysig] Verspreiding

Die roek kom voor in Europa, vanaf Ierland in die weste tot die Altaisteppe in die ooste, en van Noord-Spanje tot in Denemarke en Suid-Swede. In Nieu-Seeland is die voël deur die mens ingevoer en word nou daar hewig bestry.

[wysig] Habitat

Die leefgebied van die roek is oop akker- en weivelde, afgewissel met bome, bossies, boomlanings en heinings . Die voëls aard goed in beboude- en bewerkte gebiede, mits hulle nie verjaag word nie. Veral die aanwesigheid van akkers is gunstig. Hulle word nie afgeskrik deur die nabyheid van mense nie. 'n Groot en luidrugtige roekkolonie in die buurt kan baie lastig wees, met die voëls se mis op die strate en voertuie. In sommige groot stede is daar groot oorwinteringsplekke (byvoorbeel in Wene, sirka 25,000 eksemplare). Sulke verstedelikte populasies pas hulle gedrag aan, en wei dikwels op straat, waar hulle baie minder sku raak, en net 'n paar meter wegvlieg as hulle versteur word. Roeke is baie gebiedsgebonde.

[wysig] Voedsel

Roek, let op die kale snawelbasis
Roek, let op die kale snawelbasis

Roeke is net soos ander kraaisoorte omnifore. Hulle verkies vleiskos soos reënwurms, slakke, insekte, veral (ritnaaldedie larwes van kniptorre) maar plantaardige kos maak ongeveer 60% van hulle dieët uit. Ook 'n muisie word nie versmaai nie. Die plantaardige voedsel bestaan veral uit allerlei sade. Ook word wel (note) en akkers gevreet, naas vrugte soos kersies en pruime. Die jonges word hoofsaaklik met vleiskos gevoer.

[wysig] Vreetgewoontes

Roeke loop met huppelspronge en lang treë op die grond op soek na kos, waartydens die snawel gebruik word om mee te voel, te pik, te grawe en te gryp. Die voedsel word veral op sig gevang. Soms word sonneblomsaad vanaf die blomkop of mieliepitte vanaf die stronk gepik. Daar is 'n daaglikse variasie in die vreetgedrag, waarby soggens dikwels die (vir die grype liggende buit word gepak), wat smiddags dieper gegrawe word en later stukke terrein min of meer stelselmatig deursoek word.

[wysig] Algemene gedrag

Ongeveer ‘n uur voor sonop raak die voëls aktief en bly tot baie laat besig, in die winter selfs tot 8 uur die aand op soek na kos. Roeke leef die gehele jaar in groepe, broei in soms baie groot kolonies en slaap saam in boomslaapplekke. Daar is 'n verskeidenheid groepsgedragte. Op die grond stap die roek met statige treë of met sprongetjies, in die lug vlieg hulle met kragtige vlerkslae en taamlike lang sweeftogte. In die voorjaar sien ‘n mens dikwels akrobatiese lugtoertjies. Speletjies met maats word gereeld gesien, soos om goed te laat val en dit weer te vang, of saam op 'n tak sit te wieg. Pare begroet mekaar met 'n soort paradedering, waartydens die vlerke opgelig word. Tydens die (balts) vind daar ‘n wedersydse vere-tooiing plaas, kos-uitruiling, en lang (baltsroepduette) waarby die pare wat apart van die ander met breedgespreide sterte langs mekaar sit. Dit kom dikwels voor dat (kauwe) sig by die kolonies en oorwinteringsswerms van roeke aansluit; ook kraaie doen dit soms. Roeke is net soos ander kraaiagtiges baie nuuskierig en kan gou kunsies aanleer.

[wysig] Trekgedrag

Die roek is soms ‘n standvoël, soms ‘n trekvoël. Hoe verder na die ooste, hoe meer raak hulle trekvoëls. Wes-Europese roeke is grotendeels standvoëls.

[wysig] Voortplanting en broedsorg

Deel van roekekolonie langs die A50 ten noorde van Apeldoorn (Nederland)
Deel van roekekolonie langs die A50 ten noorde van Apeldoorn (Nederland)

Roeke is geslagsryp aan die einde van hulle tweede jaar. Hulle vorm lewenslange pare. Nesbou begin vroeg in Maart, meestal in die top van 'n hoë, blaarryke boom. Die neste is dig op mekaar gebou, maar meestal nie nader as 'n meter aan mekaar nie. Soms word neste wel op die grond, op geboue of op bruê gemaak, maar dit is seldsaam. Die nes word deur beide geslagte gemaak, is stewig aanmekaar gesit van dun buigbare takkies en word van binne met verskillende materiale uitgevoer. Dikwels word daar materiaal van buurneste of uit naburige kolonies geroof. Die legsel bestaan uit 3 tot 6, soms 9 grysgroen, onduidelik gevlekte eiers, en word deur die wyfie binne 16 tot 19 dae uitgebroei. Sy word in daardie tyd deur die mannetjie gevoer. Die kuikens bly ongeveer 'n maand in die nes, in die eerste tien dae gevoer deur die mannetjie, daarna deur beide ouers. Na die nesverlating word die kuikens nog 'n rukkie deur die ouers versorg waarna hulle aansluit by 'n groep tydgenote en in die nabye omgewing op verkenningstogte gaan. In hierdie jeuggroepe vind dan ook na ongeveer 'n jaar paarvorming plaas. Meestal word daar in 'n jaar maar 'n enkele broeisel uitgebroei tensy daar vroër ‘n broeiselverlies was.

[wysig] Die roekgetalle

Die getalle van die roekbevolking staan in noue verband met die handeling van die mens. Die bewerking van landbougrond het ‘n positiewe invloed, en jagmaking deur die mens ‘n negatiewe invloed op die roekgetalle. Vir akkerbou, kan die roek eerder as 'n nuttige as 'n skadelike voël beskou word. In die stad is hulle egter soms ‘n baie groot oorlas met hulle soms massale kolonies. Daar is vroër baie jag gemaak op die roeke.

[wysig] Literatuur

  • Ruge: Die Saatkrähe. Kosmos-Frankh. Stuttgart 1986.
  • Glutz von Blotzheim, U. (Hg.): Handbuch der Vögel Mitteleuropas. Bd. 13/3. bladsy 1731 - 1852. ISBN 3-89104-650-2
  • Bauer/Berthold: Brutvögel Mitteleuropas. Bestand und Gefährdung. Aula-Wiesbaden 1997. bladsy 452-454.

[wysig] Externe skakels


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -