See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Otjiwarongo - Wikipedia

Otjiwarongo

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Otjiwarongo is 'n dorp in Namibië in die administratiewe afdeling Otjozondjupa, 69 km suidoos van Outjo en 252 km noordwes van Windhoek met 'n geskatte bevolking in 2006 van 21 603. Dit is 'n vername sentrum vir melk- en skaapboerdery.

Inhoud

[wysig] Geskiedenis

Die dorp het ontstaan uit 'n Rynse sendingstasie wat in 1891 gestig is en later uit 'n Duitse garnisoen wat van 1904 af hier gestasioneer was. 'n Verdere aansporing vir ontwikkeling het in 1907 gekom toe die smalspoorlyn die dorp bereik het. Dit het eers na die beëindiging van die Duitse bewind 'n dorpsbestuursraad (1928) gekry en verwerf munisipale status in 1939. 'n Aantal terugkerende Angola-boere, afstammelinge van die sogenaamde Dorslandtrek, het hulle sedert 1933 hier kom vestig. Die naam is Herero en beteken na bewering plek van die vet beeste of andersins mooi plek.

[wysig] Geskiedenis van NG gemeente

Die gemeente is reeds op 14 November 1902 deur 'n besoekende predikant wat vanaf Walvisbaai per oskar na Grootfontein onderweg was, onder die naam Moria naby Grootfontein gestig. Gemeentelede het aanvanklik verspreid, maar veral rondom Grootfontein gewoon, maar hulle geledere is versterk deur nuwe intrekkers veral ná Suid-Afrika Suidwes-Afrika as mandaatgebied oorgeneem het. Die hoeksteen vir die eerste kerksaal op Otjiwarongo is op 23 Februarie 1929 gelê. Die bediening van die gemeente, so groot soos die Vrystaat en die destydse Transvaal saam, was 'n haas onbegonne taak. Gemeentelede het baie gely tydens die Groot Depressie. Ontevredenes in die gemeente het in 'n stadium afgestig (die sogenaamde Immanuel-gemeente) en hulle eie saal op Kalkfeld gebou, maar na hulle nie 'n leraar kon bekom nie en hoewel baie pogings tot versoening misluk het, is die gemeente uiteindelik weer op 25 Maart 1939 onder die nuwe naam Otjiwarongo verenig. 'n Nuwe kerk en pyporrel is met die gemeente se 50-jarige bestaansvieringe in 1952 in gebruik geneem. Die gemeente Otjiwarongo-Suid is in 1963 afgestig, maar weens die ontvolking van die platteland en ander faktore in die jare negentig by die moedergemeente ingelyf.

[wysig] Besienswaardighede

  • Die Paresis-park bied sportvelde, 'n swembad en 'n woonwapark.
  • Krokodilplaas.
  • Ou stoomlokomotief No. 41 op die stasie. Dit is oorspronklik uit Duitsland gebring om erts van Tsumeb na die hawe van Swakopmund te vervoer.

[wysig] Bronnelys

  • Rosenthal, Eric (red.), Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Frederick Warne & Co. Ltd., Londen en New York, 1972.
  • Olivier, ds. P.L. (red.), Ons gemeentelike feesalbum, N.G. Kerk-uitgewers van S.A., Kaapstad en Pretoria, 1952.
  • Mayhew, Vic (red.),Illustrated Guide to Southern Africa, Reader's Digest, Kaapstad, 1980


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -