Oranjemund
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Oranjemund is 'n diamantmyndorp in die mees suidwestelike hoek van Namibië, 10 km noord van Alexanderbaai in die Noord-Kaap. Dit bly een van die wêreld se vernaamste diamantsentrums. Dit is in 1944 gestig om werkers te huisves deur die mynboumaatskappy wat daar bedrywig is. Groente en blomme word hier verbou deur moderne besproeiingsmetodes omdat die omliggende gebied te dor is om landbou te onderhou. Die dorp is merkwaardig omdat besoekers 'n permit nodig het om dit binne te gaan. Die geskatte bevolking in 2006 was 8 538, wat dit die 18de grootste dorp in Namibië gemaak het.