See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Napoleon III - Wikipedia

Napoleon III

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Napoleon III deur Franz Xaver Winterhalter
Napoleon III deur Franz Xaver Winterhalter

Napoleon III van Frankryk, gebore as Charles Louis-Napoleon Bonaparte (20 April 18089 Januarie 1873) was die eerste president van die Tweede Franse Republiek van 1848 tot 1851. Van 2 Desember 1851 tot 2 Desember 1852 was hy die leier van ‘n diktatorskap en daarna die Franse keiser tot 1870. Napoleon III was die laaste monarg wat oor Frankryk geheers het.

[wysig] Vroeër lewe

Prins Louis-Napoleon Bonaparte (soos hy bekend was voordat hy keiser geword het), was gebore in Parys as die derde seun van Louis Bonaparte (die jonger broer van Napoleon Bonaparte). Gedurende Napoleon Bonaparte se heerskappy het Louis-Napoleon se ouers die koning en koningin van Holland geword. Na Napoleon Bonaparte se nederlaag by Waterloo in 1815 en met die restourasie van die Bourbon-monargie in Frankryk word Louis-Napoleon ouers onttroon en vlug hulle na Switserland. As jong man het Louis-Napoleon hom gevestig in Italië en betrokke geraak by die Carbonari, 'n versettingsbeweging teen die Oostenrykse besetting van Noord-Italië. In die tyd was Frankryk onder regering van die Huis van Bourbon en die Huis van Orléans, maar daar was Bonapartistiese beweging wat steeds 'n Bonaparte op die troon van Frankryk wou hê. Volgens die wetgewing wat Napoleon Bonaparte gestig het, in verband met keiserlike opvolgings, het die titel van keiser na sy seun, die Hertog van Reichstadt, (ook bekend as Napoleon II) gegaan. Met die dood van Napoleon II in 1832, het Louis-Napoleon dus dié nie-amptelike titel verkry. In 1836 reis Louis-Napoleon terug na Frankryk en probeer on die regering in Strasbourg omver te werp: dié coup de tait was 'n misluking en Louis-Napoleon word verban na die VSA waar hy vir 4 jaar in New York gebly het. In 1840 keer hy terug na Frankryk waar hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis word. In 1846 vlug hy na die Verenigde Koninkryk.

[wysig] President van die Franse Republiek

Louis-Napoleon het in die Verenigde Koninkryk gebly tot die revolusie van 1848 Louis-Philippe onttroon het en die Franse volk 'n republiek gevorm het. Hy was nou vry om terug te keer na Frankryk en het 'n setel in die Assemblée Nationale, die Franse parlement, gewen. Op 10 Desember wen Louis-Napoleon die Franse presidentsverkiesing met 5 454 000 stemme teenoor sy teenstander, Louis Eugene Cavaignac, wat slegs 1 448 000 stemme verower het. Alhoewel Louis-Napoleon met 'n 75% meerderheid stemme gewen het, het sy parlement hom beskou as slegs 'n tydelike president en het geglo dat die Bourbon- of die Orléan-monargie hom sou vervang.

[wysig] Keiserskap

Op 2 Desember 1852 was Tweede Franse Republiek tot niet verklaar en word die Tweede Franse Keiserryk gevorm. President Louis-Napoleon word nou Napoleon III. Die keiser was ongetroud en het in allerhaas begin soek na 'n huweliksmaat, sodat 'n regmatige erfgenaam gebore kan word. Hy trou met Eugenie de Montijo, die Gravin van Teba, 'n Spaanse vrou van adel wat in Parys grootgeword het. In 1856 gee sy geboorte aan Napoleon III se seun, Napoléon Eugène Louis, die keiserlike prins.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -