See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Maria van Riebeeck - Wikipedia

Maria van Riebeeck

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Jan van Riebeeck
Jan van Riebeeck

Maria van Riebeeck (Rotterdam, 28 Oktober 1629 - Malakka, 2 November 1664) gebore Maria de la Quellerie as 'n dogter van Abraham Quevellerius (de la Quellerie), predikant te Rotterdam. Op 28 Maart 1649 trou sy op 19-jarige ouderdom in Schiedam met Jan van Riebeeck, stigter van Kaap de Goede Hoop, wat toe 29 jaar oud was.

Hulle gaan woon in die handelstad Rotterdam wat op daardie stadium 26 000 inwoners gehad het. Later trek hulle na Haarlem, Leiden en Amsterdam. Maria en Jan van Riebeeck het saam 8 kinderse gehad waarvan meeste op jong ouderdom oorlede is. Maria was een van die eerste hugenote wat hulle in Kaap de Goede Hoop gevestig het. Sy sterf op 35-jarige ouderdom op 2 November 1664 in Malakka.

Die Suid-Afrikaanse duikboot die SAS Maria van Riebeeck is na haar vernoem.

[wysig] Afkoms en kinders

Maria de la Quellerie se ouers was Abraham de la Quellerie (1589-1630) en Maria du Bois (1593-?). Abraham was soos sy vader Chrétienne (*1543) Waals predikant.

Maria en Jan Van Riebeeck se kinders het ingesluit Abraham van Riebeeck wat op 18 Oktober 1653 in die Kaap gebore is en later Goewerneur-Generaal van Nederlands-Indië geword en Anthonia van Riebeeck wat op 6 November 1663 in Malakka gebore is. Anthonia is in 1678 in Batavia met die plaaslike predikant Melchior Leydecker getroud. Die eerste volledige vertaling van die Bybel in Maleis, die Leydecker-vertaling, is na hom vernoem. Verder het die Van Riebeecks die Khoi meisie Eva Krotoa in hulle huishouding opgeneem. Eva is later met Pieter van Meerhof uit Kopenhagen in Denemarke getroud en is 'n vroeë nie-Europese voorouer van sommige Afrikaner families.[1]

[wysig] Kyk ook

[wysig] Bronne en Verwysing

  • Mr W.C. Mees - Maria Quevellerius Huisvrouw van Jan van Riebeeck en haar omgeving 1952
  1. ^ Jansesnhuis Eva Krotoa, Besoek op 26 Februarie


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -