See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Lepton - Wikipedia

Lepton

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Lepton is 'n Griekse woord wat klein of liggewig beteken. In die fisika is dit die versamelnaam vir sekere fundamentele kwantumdeeltjies soos die elektron, die muon, die tauon en die neutrino. Dit lyk of hierdie tweede familie van elementêre deeltjies ook fundamentele entiteite is. Soos kwarke, waarvan daar ook verskeie soorte is, is leptone skynbaar struktuurlose puntdeeltjies, die rotsbodem van die heelal se materievlakke. Daar bestaan tans nog bitter min kennis oor hierdie nietige verskynseltjies. Hoe fisici ook probeer om met die wêreld se hoë-energie-versnellers die elektrone te ondersoek, vind hulle geen aanduiding van 'n interne struktuur nie.

Toe die elektron in 1930 by Niels Bohr se Instituut in Kopenhangen bespreek is, het Werner Heisenberg skertsend gesê dat 'n elektron se kleur net geel kan wees.

<quote>As ons groen sien, gaan ons vorentoe. As ons rooi sien, wag ons. Maar as ons geel sien, weet ons nie wat om te doen nie.</quote>

In sy boek, Black Holes ("swart kolke"), sê Walter Sullivan dit lyk steeds of die elektron (en dit geld vir alle leptone) hom gedra asof hy 'n struktuurlose puntjie is.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -