Geel
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Geel is die kleur wat opgewek word deur lig wat beide die L en M (lang- en medium-golflengte) keëlselle van die retina omtrent ewe veel stimuleer, maar die S (kort-golflengte) keëlselle nie beduidend stimuleer nie. Dit wil sê, lig wat baie rooi en groen bevat, maar nie veel blou nie.[1] Lig met 'n golflengte van 570–580 nm is geel aangesien die lig die regte mengsel van effens langer en korter golflengtes bevat. Geel se komplementêre kleur in terme van kleur vermenging deur die gebruik van lig is blou.
Inhoud |
[wysig] Variasies van geel
Geel | ||
---|---|---|
— Kleur koördinate — |
||
Heksdrietal | #FFFF00 | |
sRGBB | (r, g, b) | (255, 255, 0) |
Bron | HTML/CSS[2] | |
B: Genormaliseer na [0–255] (greep) |
[wysig] Elektriese geel
Die kleur raampie regs wys een van die mees intense geel wat in die 8-bis RGB kleurmodel verteenwoordig kan word; geel is 'n sekondêre kleur in 'n additiewe RGB ruimte.
Die gemete lig spektrum van geel pixels op 'n tipiese rekenaarskerm is kompleks, en baie anders as die reflektansie spektrum van 'n geel voorwerp soos 'n piesang.[3]
[wysig] Prosesgeel
Proses geel (ook bekend as pigment geel, drukkers geel of kanarie geel) is een van die drie subtraktiewe kleure, te same met magenta en siaan. Die CMYK stelsel vir kleurdruk is gegrond op die gebruik van vier soorte ink, waarvan een 'n geel kleur is. Dit is nie opsig self 'n standaard kleur nie, hoewel 'n redelik nou band geel inke of pigmente gebruik word. Prosesgeel is gegrond op 'n kleursel wat die meeste rooi en groen lig weerkaats, en meeste blou lig absorbeer, soos gewys word in die reflektansie spektra wat in die figuur na regs vertoon word.
Omdat die eienskappe van verfpigmente en die gebruik van verskillende kleurwiele, beskou skilders tradisioneel indigo of blou-violet as die komplement van geel.
Prosesgeel is nie 'n RGB-kleur nie. Daar is daarom geen vaste omskakeling van CMYK primêre kleure na RGB nie. Verskillende mengsels word gebruik vir drukkersink en daar kan dus variasies wees in die gedrukte kleur van 'n suiwer geelink.
[wysig] Komplemente van geel
Hunt[4] definieer dat "twee kleure is komplementêr as dit moontlik is om die tristimulus waardes van 'n gespesifiseerde achromatiese stimulus te reproduseer deur 'n additiewe mengsel van twee stimuli." Dit is, as twee kleure lig gemeng kan word om 'n spesifieke wit (achromaties, nie-gekleurd) lig te produseer, is die kleure van die twee ligte komplementêr. Die definisie, beperk egter nie watter weergawe wit gespesifiseer sal word nie. In die 19de eeu het die wetenskaplikes Grassmann en Helmholtz eksperimente uitgevoer waarin hulle die gevolgtrekking maak dit moeilk is om 'n goeie komplement vir spektrale geel te vind, maar dat die resultaat indigo was, dit wil sê, 'n golflengte wat vandag se kleurwetenskaplikes violet sou noem. Helmholtz sê "Geel en indigo blou" is komplemente.[5] Grassman rekonstrueer Newton se kategorie grens in terme van golflengtes en sê "Hierdie indigo val dus binne die perke van kleur waartussen, volgens Helmholtz, die komplementêre kleur van geel lê."[6] Newton se eie kleursirkel het geel direk oorkant die grens tussen indigo en violet geplaas. Hierdie resultate, dat die komplement van geel 'n golflengte korter as 450 nm is, kan afgelei word van die moderne CIE 1931 stelsel van colorimetry as daar aangeneem word dat geel omtrent 580 nm of korter golflengte, en die gespesifiseerde wit is die kleur van 'n swartliggaamuitstraler met temperatuur 2800 K of laer is (dit is, die wit van 'n gewone gloeilamp). Meer tipies, met 'n daglig-gekleurde wit van omtrent 5000 tot 6000 K, sal die komplement van geel in die blou golflengte bereik wees, wat die standaard moderne antwoord vir die komplement van geel is.