Kliniese depressie
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kliniese depressie is 'n toestand wat gepaard gaan met hartseer, swaarmoedigheid of wanhoop dat sover gaan dat dit 'n indiwidu se deelname aan sosiale- en/of daaglikse lewensaktiwiteite ontwrig. Alhoewel 'n slegte gemoedstoetsand of 'n gevoel van neerslagtigheid wat nie 'n mens se daaglikse deelname aan aktiwiteite beïnvloed nie dikwels na verwys word as depressie, is kliniese depressie 'n mediese diagnose wat onderskei kan word van die alledaagse gebruik wat verwys na teneergedruktheid.

Inhoud |
[wysig] Geskiedenis
Die Ebers papirus (ca 1550 v.C.) bevat 'n kort beskrywing van kliniese depressie. Alhoewel dit val is van allerhande towerspreuke en slegte middelle wat bedoel is om demone en ander bygelowe te besweer, is dit ook tekenend van die lang tradisie van empiriese beoefening en waarneming.
Die moderne begrip van depressie het baie in gemeen met die veel ouer begrip van melankolie (swaarmoedigheid).
Kliniese depressie is aanvanklik beskou as 'n chemiese wanbalans by senders in die brein, 'n teorie wat sy oorsprong vind in die waarnemings wat in die 1950s gemaak is oor die uitwerking van reserpien en isoniazied in die mono-amienvlakke in neuroversenders wat 'n invloed het op depressie simptome [1]. Sedertien is verskeie ander oorsake van kliniese depressie voorgestel.
[wysig] Voorkoms
Kliniese depressie tas ongeveer 16%[2] van die bevolking ten minste eenmaal in hulle lewens aan. In sommige lande, soos Australië, is bevind dat soveel as een uit elke vier en een in elke ses mans op 'n stadium aan depressie sal ly. Die gemiddelde ouderdom waarop dit voorkom, uit 'n aantal studies is in die laat twintigs. Ongeveer dubbel soveel vrouens as mans ontvang behandeling vir kliniese depressie, alhoewel die wanbalans toenemend in die afgelope tyd verminder; hierdie verskil wil voorkom asof dit na die ouderdom van 50 - 55 geheel en al verdwyn, na die meeste vroue die einde van menopouse bereik het. Kliniese depressie is tans die leidende oorsaak van ongeskiktheid in die V.S.A asook ander lande en daar word verwag dat dit ná hartkwale, die tweede grootste oorsaak wêreldwyd sal word teen die jaar 2020, alvorens die Wêreldgesondheidsorganisasie [3].
[wysig] Diagnose
Die diagnose kan toegepas word wanneer 'n indiwidu aan 'n voldoende aantal simptomatiese kriteria vir die depressiespektrum voldoen soos voorgestel word in die DSM-IV-TR of ICD-9/ICD-10. 'n Persoon word dikwels geag aan "kliniese depressie" te ly, sonder dat hy/sy aan al die kriteria wat aangedui word vir 'n spesifieke diagnose op die depressiespektrum. Daar is 'n lopende debat aangaande die relatiwe belangrikheid van genetiese- en omgewingsfaktore of ernstige breinprobleme teenoor psigososiale werking.
[wysig] Simptome
Volgens die DSM-IV-TR kriteria vir die diagnose van 'n ernstige depressie-afwyking moet een van die volgende twee elmente teenwoordig wees vir 'n tydperk van ten minste twee weke:
- Neerslagtigheid of
- Anedonie
Dit is voldoende om een van hierdie simptome is samehang met 'n lys van vyf ander simptome vir ten minste 'n week te toon. Dit sluit in:
- 'n Oorweldigende gevoel van hartseer of vrees of die onvermoë om emosie te ervaar (leegheid).
- 'n Afname in die hoeveelheid belangstelling of plesier in alle, of bykans alle, aktiwiteite van die dag, byna elke dag.
- Veranderde eetlus met merkbare gewigstoename of -verlies.
- Afwykende slaap-patrone, soos slaaploosheid, verlies aan diep slaap of oormatige slaperigheid hipersomnie.
- Psigomotoriese opwekking of Psigomotoriese vertraging op 'n daaglikse basis.
- Moegheid, geestelik of fisies, ook 'n verlies aan energie.
- Intense gevoelens van skuld, hulpeloosheid, wanhopigheid, nutteloosheid, eensaamheid, angs en/of vrees.
- Onvermoë om te konsentreer of besluite te maak of 'n algemene vertraging en afstomping van redenasievermoë, insluitend die geheue.
- Herhalende gedagtes oor die dood (nie bloot die vrees vir die dood nie), herhaalde selfmoordgedagtes sonder 'n spesifieke plan of 'n selfmoordpoging of 'n spesifieke plan vir selfmoord.
- 'n Gevoel van verwerping deur die mense na aan jou.
Ander simptome wat aangedui word maar nie gewoonlik in berekening gebring word in 'n diagnose nie sluit in:
- 'n Gebrekkige selfbeeld
- Afskeep van persoonlike higiëne.
- Sensitiwiteit tot klank.
- Fisiese pyn en die geloof dat dit tekens is van 'n ernstige siekte.
- Vrees om mal te word.
- Verandering in persepsie van tyd.
- Tranerigheid
- Moontlike gedragsveranderinge, soos aggressie en/of prikkelbaarheid.
Depressie in kinders is nie altyd so ooglopend as in volwassenes nie. Hier is 'n paar simptome wat kinders kan toon:
- Verlies aan eetlus
- Prikkelbaarheid
- Slaapprobleme soos herhaalde nagmerries.
- Leer- of geheueprobleme; soos onttrekking, sosiale isolasie en agressie.
'n Bykomende aanduiding kan die oormatige gebruik van dwelms of alkoholiese drank wees. Depressiewe tieners is veral vatbaar vir verdere destruktiewe gedrag, soos eetafwykings en selfbeskadiging aandoen.
Een van die mees gebruikte instrumente vir die meet van die graad van depressie is die Beck Depressie-Inventaris, 'n 21-vraag veelkeuse opname.
Dit is moeilik vir mense wat nie kliniese depressie ervaar het nie, hetsy persoonlik of deur gereelde kontak met lyers, om die emosionele impak en ernstigheid daarvan te verstaan, en is hulle geneig om dit te vertolk as iets soortgelyk aan 'n gevoel van neerslagtigheid.
Soos die lys van simptome aandui, is kliniese depressie 'n ernstige, moontlik dodelike sistemiese afwyking wat gekenmerk word deur die wisselwerking van fisiese-, aantasbare- en verstandelike simptome wat gevolge het vir die funksionering en oorlewing van die indiwidu wat veel verder strek as hartseer of pynlike gevoelens.
[wysig] Soorte depressie
Die diagnostiese kategorie groot depressiewe afwyking (Engels: Major depressive disorder) verskyn in die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesafwykings van die Amerikaanse sielkundige vereniging. Die begrip word nie algemeen benut in lande wat die ICD-10 stelsel gebruik nie, maar die diagnose depressiewe episode is soortgelyk aan die van groot depressie. Kliniese depressie verwys ook gewoonlik na akute of kroniese depressie wat ernstig genoeg is om behandeling te regverdig. Mindere depressie is 'n minder gebruikte begrip vir subkliniese depressie wat nie aan die kriteria vir groot depressie voldoen nie, maar waar daar ten minste twee simptome vir twee weke lank teenwoordig is.
[wysig] Groot depressiewe afwyking
Groot depressie afwyking word gekenmerk deur 'n ernstige bedrukte bui wat vir ten minste twee weke duur. Groot Depressie Afwyking word gespesifiseer as "'n enkele episode" of "herhaalde"; periodes van depressie mag voorkom as diskrete gebeure of as 'n herhaalde voorkoms oor 'n leeftyd. Episodes van groot- of kliniese depressie mag verder verdeel word in ligte, groot of erstige depressie. Waar 'n pasiënt reeds 'n episode van manie of 'n merkbare ligte bui gehad het, word 'n diagnose van bipolêre afwyking gewoonlik gemaak in plaas van groot depressiewe afwyking; depressie sonder periodes van uitgelatenheid of manie word daarom soms na verwys as unipolêre depressie omdat hulle gemoedstoestand op een pool bly. Die diagnose sluit gewoonlik ook gevalle uit waar die simptome die van normale bedroefdheid as gevolg van die dood van 'n naaste.
Mediese praktisyns erken verskeie moontlike subtipes van Groot Depressiewe Afwyking. ICD-10 spesifiseer nie 'n melankoliese subtipe nie, maar onderskeie wel ten opsigte van die aan- of afwesigheid van psigose.
- Depressie met katatoniese kenmerke - Hierdie subtipe kan toegepas word op Groot Depressiewe episodes sowel as op maniese episodes, al is dit raar, en skaarser in manie. Katatonie word gekenmerk deur motoriese bewegingsloosheid soos sigbaar by katalepsie of loomheid. Die subtipe kan ook manifesteer as onwillekeurige motoriese aktiwiteit (akathisia), uiterste negatiwiteit of stomheid en vreemde bewegings wat stereotipiese bewegings, prominente gewoontes of prominente grynsing insluit. Daar kan ook tekens van echolalia of echopraxia voorkom. Dit word selde aangetref en dien dalk nie soveel nut as 'n kategorie op sy eie nie.