See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Kanaaleilande - Wikipedia

Kanaaleilande

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Die Engelse Kanaal met die eilande Jersey en Guernsey
Die Engelse Kanaal met die eilande Jersey en Guernsey

Die Kanaaleilande (Engels: Channel Islands, Frans: les Îles Anglo-Normandes) is 'n eilandgroep wat tussen die Verenigde Koninkryk en Frankryk lê. Alhoewel die Koningin van Engeland in haar funksie as Hertogin van Normandië die staatshoof van die eilande is, maak hulle nie deel uit van die Verenigde Koninkryk nie. As laaste oorblyfsel van die Hertogdom van Normandië is hulle 'n Britse Kroongebied met selfregering.

Die mees noordelike eiland is Alderney (sowat 80 kilometer van Engeland en 13 kilometer van Frankryk af), wat deur die klein eilande Burhou, Ortac en die Casquets omring word. 25 kilometer suidwes van Alderney lê Guernsey met die kleiner eilande Sark, Lihou, Herm en Jethou. 24 kilometer suidoos van Guernsey lê Jersey met Les Ecrehou en die Minquiers-rotsbank. 45 kilometer suid van Jersey en 83 kilometer van Alderney af lê die klein eilandgroep van Chausey, waarvan net een eiland bewoon is. Laasgenoemde behoort tot Frankryk.

Die oorgrote meerderheid van die bevolking praat Engels, en meer as 70 persent is nie op die eilande self gebore nie, maar het weens die milde golfstroomklimaat en belastingvoordele na die eilande verhuis. Die oorspronklike Normandiese eilanddialekte Jèrriais op Jersey en Dgèrnésiais op Guernsey word nog deur 'n minderheid van die inwoners as omgangstaal gepraat.


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -