Jan Peter Balkenende
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Jan Peter Balkenende (Biezelinge by Goes (Zeeland), 7 Mei 1956) is 'n Nederlandse Christen-demokratiese politikus. Sedert 22 Julie 2002 is hy die Eerste Minister van Nederland. Hy is lid van die politieke party CDA.
Voor dit was hy as volksverteenwordiger lid van die Tweede Kamer en professor aan die Vrije Universiteit Amsterdam.
Balkenende het geskiedenis en regte gestudeer. Hy is getroud en het 'n kind. Hy is lid van die Protestantse Kerk in Nederland.