Idiomatiese benamings vir mense
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Alle tale wemel van idiomatiese benamings wat spottend of beskrywend is en in die volksmond ontstaan het. Dit word tipies gebruik om met mekaar die draak te steek (te spot).
[wysig] Voorbeelde in die Afrikaanse taal
- 'n Babbelkous is iemand wat baie praat.
- 'n Agie is baie nuuskierig.
- 'n Suurpruim lyk altyd of sy/hy kwaad is.
- 'n Kapokhaantjie is parmantig.
- 'n Harmansdrup is baie stadig.
- 'n Laatlammetjie is lank na sy broers en susters gebore.
- 'n Papbroek is lafhartig.
- 'n Skobbejak is 'n ongemanierde mens.
- 'n Smulpaap hou daarvan om lekker te eet.
- 'n Sondagskind is baie gelukkig.
- 'n Lunsriem is 'n vuil persoon.
- 'n Kokkedoor is 'n belangrike persoon.
- As jy 'n kerkmuis is, is jy baie arm.
- 'n Herkules is 'n baie sterk persoon.
- 'n Draadsitter is iemand wat nie kant kies nie.
- 'n Windbuks hou daarvan om te spog.
- 'n Vleispaleis is 'n sterk, gespierde man.
- 'n Wysneus dink sy/hy weet alles.
- 'n Maljan onder die hoenders is een man tussen baie vrouens.
- Die atleet wat soms voor hardloop om vir atlete die pas aan te gee, noem ons die haas.