Gammastraal
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Gammastrale (simbool: γ) is elektromagnetiese golwe met baie hoë vlakke van energie en ‘n hoë frekwensie, terwyl dit kort golflengtes het. Gammastrale kan groot afstande in lug aflê. Dit is uiters deurdringend en verg dik betonskerms of metaalplate van lood om dit af te skerm. Gammastrale is ‘n risiko vir die mens se gesondheid, ongeag of dit binne of buite die liggaam verkeer.