Fat Man
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Die kernwapen met die bynaam van "Fat Man" is oor Nagasaki, Japan op 9 Augustus 1945 gedetoneer. Dit was die tweede, en laaste kernwapen wat in oorlog aangewend is.
Dit was 3,25 meter lank, het 'n omtrek van 1,52 meter gehad, het 4 545 killogram geweeg, en is op 'n hoogte van 1800 voet bo die stad gedetoneer. Dit is laat val uit die B-29 bomwerper "Bock's Car" onder Frederick C. Bock se bevel. Die bom het 'n lading van ongeveer 20 kiloton of 8,4 x 1013 joule = 84 TJ (terajoule) gehad. Dit was bietjie meer as die bom "Little Boy" wat 3 dae tevore op Hiroshima laat val is. Daar het ongeveer 40 000 mense in die ontploffing omgekom. Daar was effens minder skade as in Hiroshima, omdat Nagasaki ietwat meer geheuwelde terrein het.