See also ebooksgratis.com: no banners, no cookies, totally FREE.

CLASSICISTRANIERI HOME PAGE - YOUTUBE CHANNEL
Privacy Policy Cookie Policy Terms and Conditions
Els - Wikipedia

Els

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

?
Els
Elsbloeiwyses
Elsbloeiwyses
Wetenskaplike klassifikasie
Ryk: Plantae
Afdeling: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Fagales
Familie: Betulaceae
Genus: Els
Mill.

Die Els-genus (Latynse naam Alnus) bevat ongeveer 30 soorte in die noordelike hafrond. Dit is 'n vogsoekende loofboom waarvan die bloeisels voor die blare verskyn. Twee bekende wes-Europese soorte is die Swart- en Grysels. Hul blare toon 'n ooreenkoms met dié van die Haselaar. Die blare val groen van die boom en vertoon gevolglik geen herfskleure nie. Die Els is eenhuisig en het dus sowel manlike as vroulike blome. Die manlike bloeiwyses is langwerpig en hangend, die vroulikes staan min of meer regop. Na bevrugting groei die vroulike bloeiwyses uit tot groen geribde keëltjies, en verryp in die herfs tot sogenaamde elsproppe (keëls sonder saad) wat so lank as 'n jaar aan die boom kan bly.

Inhoud

[wysig] Ekologie

Else aard uitstekend in vogtige omgewings en hulle word dan ook heelwat langs watervore of op moerasgrond gevind.

Else leef simbioties met bakterië van die Rhizobiumgenus wat stikstofbinding uit die lug bewerkstellig. Hierdie lewensgemeenskap is in die wortelknolletjies gesetel. Die els funksioneer sodoende as 'n grondbemester.

[wysig] Elshaantjies

Die belangrikste blaaretende insek op Else is die Elshaantjie (Agelastica alni).

Elshaantjies
Elshaantjies

[wysig] Etimologiese betekenis

Die Latynse alnus is afgelei van alor amme wat beteken ek word deur die stroom versorg.

[wysig] Gebruike

In Europa word Else saam met Italiaanse populiere in lanings langs boorde geplant. Deur die vrugtebome te beskerm teen wind- en storms word minder skade aan vrugte aangerig. Die windlanings groei tot 'n bepaalde hoogte voordat dit afgesnoei word. Te Terschelling-eiland word Else in sirkels om ronde landbouakkers geplant vir beskerming teen waaisand.

[wysig] Soorte & kultivars

  • Amerikaanse els (Alnus rubra)
  • Italiaanse els (Alnus cordata) sinoniem met (Alnus cordifolia)
  • Groenels (Alnus viridis)
  • Japanse els (Alnus japonica)
  • Witels, Grysels (Alnus incana) sinoniem met (Alnus indica)
    • Alnus incana 'Aurea'
    • Alnus incaca 'Laciniata'
  • Swartels (Alnus glutinosa)
    • Alnus glutinosa 'Aurea'
    • Alnus glutinosa 'Imperialis'
    • Alnus glutinosa 'Incisa'
    • Alnus glutinosa 'Laciniata'


aa - ab - af - ak - als - am - an - ang - ar - arc - as - ast - av - ay - az - ba - bar - bat_smg - bcl - be - be_x_old - bg - bh - bi - bm - bn - bo - bpy - br - bs - bug - bxr - ca - cbk_zam - cdo - ce - ceb - ch - cho - chr - chy - co - cr - crh - cs - csb - cu - cv - cy - da - de - diq - dsb - dv - dz - ee - el - eml - en - eo - es - et - eu - ext - fa - ff - fi - fiu_vro - fj - fo - fr - frp - fur - fy - ga - gan - gd - gl - glk - gn - got - gu - gv - ha - hak - haw - he - hi - hif - ho - hr - hsb - ht - hu - hy - hz - ia - id - ie - ig - ii - ik - ilo - io - is - it - iu - ja - jbo - jv - ka - kaa - kab - kg - ki - kj - kk - kl - km - kn - ko - kr - ks - ksh - ku - kv - kw - ky - la - lad - lb - lbe - lg - li - lij - lmo - ln - lo - lt - lv - map_bms - mdf - mg - mh - mi - mk - ml - mn - mo - mr - mt - mus - my - myv - mzn - na - nah - nap - nds - nds_nl - ne - new - ng - nl - nn - no - nov - nrm - nv - ny - oc - om - or - os - pa - pag - pam - pap - pdc - pi - pih - pl - pms - ps - pt - qu - quality - rm - rmy - rn - ro - roa_rup - roa_tara - ru - rw - sa - sah - sc - scn - sco - sd - se - sg - sh - si - simple - sk - sl - sm - sn - so - sr - srn - ss - st - stq - su - sv - sw - szl - ta - te - tet - tg - th - ti - tk - tl - tlh - tn - to - tpi - tr - ts - tt - tum - tw - ty - udm - ug - uk - ur - uz - ve - vec - vi - vls - vo - wa - war - wo - wuu - xal - xh - yi - yo - za - zea - zh - zh_classical - zh_min_nan - zh_yue - zu -