Edmonton
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kanada |
Provinsie | Alberta |
Koördinate | 53°34′ N, 113°31' W |
Stigting | 1795 |
Inkorporasie | 1892 (dorp), 1904 (stad) |
Oppervlak: | |
- Totaal | 684,37 vk km |
Hoogte bo seevlak | 668 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2006) | 730 372 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 067,2/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 034 945 |
Tydsone | UTC -7 / -6 (somertyd) |
Burgemeester | Stephen Mandel |
Amptelike Webwerf | City of Edmonton |
Edmonton is die hoofstad van die provinsie Alberta, Kanada, met 782 000 inwoners in die stad en sowat 1 miljoen in die metropolitaanse gebied (2001). Dit is die tweede grootste stad in Alberta en die sesde grootste in Kanada. Edmonton is die mees noordelik geleë van Kanada se groot stede. Dit is ook een van die grootste stede in Noord-Amerika ten opsigte van sy oppervlak (670 vierkante kilometer), maar tegelykertyd ook een van die mees yl bevolkte.
[wysig] Geografie
Die stad lê by die North Saskatchewanrivier en is een van die Kanadese metropolitaanse gebiede wat in die laaste dekades die vinnigste gegroei het.
[wysig] Ekonomie
Landbou en olievelde in die omgewing vorm die basis van die stad se ekonomie; die olie- en chemiese nywerheid behoort tot die belangrikste werkverskaffers. Edmonton beskik oor 'n universiteit en 'n internasionale lughawe. Die stadspark in die vallei van die North Saskatchewanrivier en die winkelsentrum West Edmonton Mall is die grootstes in Noord-Amerika.
[wysig] Geskiedenis
Die stad se geskiedenis begin met die stigting van die Fort Edmonton House in 1795, wat 'n groot rol in die plaaslike pelshandel gespeel het. In 1904 is Edmonton as stad geïnkorporeer.